By die SPAAR BAR is dit heeldag happy hour

By die SPAAR BAR kry jy halfpryskaartjies op alle vertonings binne die volgende vier ure.

Hoe dit werk:

· Die SPAAR BAR is oop van 9 – 15 OKT tussen 09:00 en 16:00.

· Jy kan halfpryskaartjies koop vir enige aanbieding op die feesprogram wat binne die volgende vier ure plaasvind. Byvoorbeeld: As jy 09:00 by die SPAAR BAR is, kan jy alle vertonings tot en met 13:00 halfprys koop, as jy 10:00 opdaag is alle vertonings tot en met 14:00 halfprys.

· Dit sluit egter leefstylaanbiedings waar kos en drank bedien word uit.

· In die laaste uur wat die SPAAR BAR oop is, van 15:00 tot 16:00, is alle kaartjies vir die res van daardie dag halfprys.

· Die SPAAR BAR is by die Woordfeeskantoor voor die Erfurthuis, Ryneveldstraat 37.

· Tydsbestuur is belangrik om teleurstelling weens lang rye te voorkom.

Kom bars ook ‘n borrel en wen fantastiese pryse van Monarch Coffee Cartel, Pizza Ē Vino, Stellenbosch Square en Stellenbosch-wynroetes.

Sien jou daar – by die SPAAR BAR.

ANDER AFSLAG

Vir inligting oor ander moontlikhede om te spaar klik hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *