Ontdek die rykdom van jou innerlike wêreld in hierdie praktiese werksessie deur die Bloemfonteinse skrywer en retreat-fasiliteerder Zarine Roodt. Met haar passie vir Jungiaanse beginsels leer sy jou om die “goudstof” van jou drome te ontgin vir groter selfinsig. Leer eenvoudige tegnieke om drome te onthou, aan te teken en kreatief te ontsluit. Of jy gereeld droom of sukkel om te onthou, hierdie sessie bied praktiese riglyne vir persoonlike betekenis. Bring ’n pen, notaboek, skêr, gom en ’n paar tydskrifte saam vir dié kreatiewe ontdekkingsreis.