TOYOTA MUSIEKFEES

Lank lewe die freaks!

Produksie: Taalgenoot-Ruk en Rym-finaal met Jack Parow
Deur: Chase Rhys
Foto’s: Pierre Rommelaere

Afrikaans het nog nooit só geraas nie – Chase Rhys skryf oor Ruk en Rym, die talentkompetisie vir die weird kinnes.

Ruk en Rym, is ’n soot Afrikaanse Idols maa vi misfits. Virrie weird kinnes. Soe in plaas van Celine Dion covers, kry jy hie Nu metal screamo en folk-punk in molto depressivo. Is ’n battle-of-the-bands vi kunstenaas wat alternative musiek maak met Afrikaanse lirieke. Dié jaa se groot finale land by Daisy Jones as deel van Woodfees, met Jack Parow, die special guest wat selfs ’n volle stel gespeelit.

Jolyn Phillips, digter, lektor en musikant, is al virrie afgeloepe drie jaa ’n beoordelaa: “Almal het idees van hoe Afrikaans lyk, totdat jy na hierdie show toe kom en jou brein is totally blown, want wie wat doen; wie rap, wie doen punk… Jy sal sien, Afrikaans is so gesond as jy na die mense kyk. Elke jaar loop ek hier weg en dink, ek is so trots om ’n Afrikaanssprekende mens te wees. Mense kon collab, en nuwe relationships tussen different racial groups en ages en communities bou, en dan sien jy hoe regtig lief is ons vir mekaar. Ek raak sommer emotional.”

Die toptien is diverse en talentvol. My highlights was Jason B, a rapper wat bass beats op rieldansmusiek gooi, en R.F.K.I met haa spoken word rap op lo-fi beats. Maa ammel is kwaai, ek sou nie ’n wênne kon kiessie. Jolyn sê: “My wenner moet hulle eie stem het. Ons fokus baie op skryfwerk, lyrics. En dan ook ’n presence. Die groep wat laasjaar gewen het, het gekom en hulle musiek was sterk maar hulle het ook saam die audience gepraat, gesê wie en wat hulle is, en mens gló in ’n artist as hulle weet wie jy is.”

En dai’s presies wat hierdie jaa se wênner, Vir Nou Net Magé, lekke reggekry het. Die 22 jaa oud kunstenaa wat innie Oos Kaap grootgewôdit, is ’n solo act, alleen op ’n verhoog met ’n kitaa, ’n pedal, tambourine en harmonica. Magé is instantly likeable. Sy kô oppie vehoog, smile ees, maak eye-contact met ôs innie gehoo, sê sy wil net soe oppie verhoog sit en vi ôs ankyk, sy vertel ôs van haa songs, waa sy was toe sy it geskryfit. Haa stories is snaaks, ôs lag saam. Sy’t die gehoo oogewen voo sy even ’n nota begin speelit.

Even ná sy die grand-prize gewênnit, issie ghoose heel humble. Toe ek haa vra wat’s next, praat sy nie ees van haaself nie, maa vannie anne finaliste.

Issie Ruk en Rym community-aspek wat laat maakit dat Magé haa gift met ôs deel. “Ek het verlede jaar kom ondersteun, net kom kyk hoe is die semi-finals. En even om net in die crowd te wees, het ek gevoel asof ek déél van die ding was. Ek was like this is a movement, die is ’n collective, kom sit by die tafel. Hierdie jaa toe stuur ’n paar mense vir my: ‘Aweh Maggie, hoekom skryf jy nie in nie.’ Toe dink ek okay, kom ons kyk.”

Even ná sy die grand-prize gewênnit issie ghoose heel humble. Toe ek haa vra wat’s next, praat sy nie ees van haaself nie, maa vannie anne finaliste: “Ek wil collaborate! Met al die ander kunstenaars wat in die top 10 was. Almal het iets uniek, almal sê iets. As jy ’n combined boodskap maak, dan kan meer mense jou verstaan.” Maggie issie net ’n wenner nie, sy ís die Ruk en Rym ethos; connect, bou, deel, ruk oep, en maak plek vi ammel annie tafel.

Die kompetisie, wat begin is om ’n taal se grense te rek, bewys nou jaa op jaa dat Afrikaans se pols klop waa die freaks it aanvat. Ruk en Rym is rou, raserig, heerlik en eerlik. Die issie plek waa Afrikaans ophou soes ’n erfenis klink, hie klink it soes ’n lewe. Lank lewe die freaks.

Facebook
Twitter
LinkedIn