SPIER TONEEL

Disco-distopie

Produksie: Wegwêreld Slegwêreld: ATKV-Tienertoneel se nasionale wenproduksie
Deur: Chase Rhys
Foto: Nardus Engelbrecht

Die ATKV-Tienertoneel se nasionale wenproduksie, Wegwêreld Slegwêreld, vat distopie en gee dit ’n hairspray en ’n beat. Dis een van net twie stukke by vanjaar se Woordfees wat Chase Rhys ’n standing ovation gegee het.

In Wegwêreld Slegwêreld leef die laaste oorblyfsels vannie Afrikaanse mensdom, nou bekend as die Gekiesdes, agte ’n muur, beskerm teenie bose buitewêreld waa “die ander” glo lê en wag. Binne die mure wôd elke Maandag melktert gebak, elke Sondag gebid, en elke gedagte deurie Groot Boek gereguleer.

En innie middel van it alles staan hierdie jaa se mees iconic villain by die Woordfees, Brumilda Brummel, gespeel deu Francois Retief. Part Cruella de Vil, part Margaret Thatcher, Brumilda issie net ’n leier nie, sy’s ’n lifestyle brand.

Die toneelstuk het ’n stunning 80’s en 90’s soundtrack van Nirvana tot Starship, obviously geremix met nuwe Afrikaanse lyrics. Wegwêreld Slegwêreld vat distopie en gee dit ’n hairspray en ’n beat. Die choreografie is fab, die beligting slim, ennie spelers gebruik elke prop – van ashoop tot droomland – met millimeter-presisie. Die skrywer en regisseur, Darryl Spijkers, het ’n groot taak gehad en het dit hier reggekry.

Die produksie balanseer briljant tussen humor en kritiek. Dit vat groot idees, taal, identiteit, kultuursywerheid, en pak it an met satire soe slim dat jy vergiet is tieners wat it dra.

Ek was vestom dat hierdie sophisticated satire deu tieners gedoen wôd! Hulle vestaan die kuns van ironie bietere as som volwasse teatergroepe.

Wegwêreld Slegwêreld is belaglik goed. Die produksie balanseer briljant tussen humor en kritiek. Dit vat groot idees, taal, identiteit, kultuursywerheid, en pak it an met satire soe slim dat jy vergiet is tieners wat it dra. Ek’t net vi twie stukke hierdie hele Woordfees ’n standing ovation gegie. Hierdie show is een van hulle.

*

Wegwêreld SlegwêreldATKV-Tienertoneel se wenproduksie
19 OKT 14:00
kykNET Rhenish Girls’ High
Facebook
Twitter
LinkedIn