Ateljeebesoeke: Daniel Naudé

Visuele kuns
Afrikaans, English
o/14
60 Minute
9 Oktober
11:00
R40 | R70 by die deur

Yonder Hill-wynplaas, R44

Besoek die ateljee van ons feeskunstenaar, Daniel Naudé. Dis hier waar die werke geskep is wat deel vorm van Still Life, die uitstalling wat in die US Museum te sien is. Daniel se vorige projekte het hom die wye wêreld ingestuur, maar om die insekte vir Still Life af te neem, het hy diorama-stelle gebou en dit onder beheerde omstandighede gefotografeer met hoogs gevorderde kameratoerusting. Elkeen van die reusefoto’s is saamgestel uit duisende nabyfoto’s wat geneem is met ‘n kamera wat op ’n spoor gemonteer is. Tydens die ateljeebesoek verduidelik hy presies hoe hierdie proses gewerk het.

9 OKT 11:00