Jonkershoekweg 28
Zonia Scheffer het haar honneursgraad in die skone kunste aan die Universiteit van Pretoria verwerf. In 1998, twee jaar ná die voltooiing van haar graad, ontvang sy ’n merieteprys by die Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie. Sy het sedertdien ses solotentoonstellings gehou en aan talle groepsuitstallings deelgeneem. Haar unieke styl kombineer alledaagse voorwerpe op onverwagse maniere – dit gee haar skilderye ’n dromerige kwaliteit wat die oog betower.