Fees van die Woord: Moederkerk-eredienste

Leefstyl
Afrikaans
60 Minute
4 Oktober
09:30
11 Oktober
09:30

4 OKT Die volheid van tyd
In die Pleroma van tyd is die kernvraag: Wanneer word tyd hoog tyd? Tyd is gewoonlik net chronologie – minute en dae. Maar soms gebeur iets anders – die tyd word ryp, of soos Galasiërs 4:4 dit stel: “Toe die volheid van die tyd gekom het…” Die koor Viva Cantare onder leiding van Xander Kritzinger sluit by ons aan.

11 OKT Die volheid van ruimte
In die Pleroma van ruimte is die kernvraag: Waarmee vul ons ruimte? Die Bybel begin met ruimte wat leeg is: “woes en leeg”. Die hele Bybelse verhaal is eintlik hoe God ruimte vul: lig vul duisternis, lewe vul aarde, Gees vul mense. Kom luister hoe woord en musiek die ruimte van die Moederkerk vul. Efesiërs 1:23 lui: “Die volheid van Hom wat alles in almal vervul.”

4 en 11 OKT 09:30
60 min | Moederkerk
Gratis