Aangebied deur Penguin Random House
Die karnivoor-dieet word bemark as ’n radikale benadering tot gesondheid, genesing en vetverlies. In werklikheid is dit bloot ’n kragtige, gestroopte vorm van ketogenies eet (keto): basies geen koolhidrate nie, voedingstofdig, vry van gemorskos en verfrissend eenvoudig. Die skrywer Hendrik Marais sal jou help om hierdie leefstyl te bemeester. Kom luister hoe hy die wetenskap en sielkunde daaragter verduidelik, aangevul deur sy eie praktiese ervaring, en kom proe aan happies wat inpas in die karnivoor-leefstyl.