Met Tema Maphosa, Charla Smith(gespreksleier)
Seuns en mans voer ‘n stryd wat betref opvoeding, die gesinslewe en arbeidsmark. Dis asof hulle te min ontologiese sekerheid het, ‘n gebrek aan ‘n stabiele sosiale anker wat vir hulle ‘n positiewe verhaal vertel oor wie hulle is of moet strewe om te wees. Die “manosfeer” vul hierdie gaping deur aan seuns en mans narratiewe aan te bied wat vrouehaat aanwakker en vroue en feminisme blameer vir hulle stryd. Charla Smith gesels met Tema Maphosa oor sy werk met post-patriargale idees. Hierin stel hy voor mans en seuns is wel in staat om ander wêrelde te betree wat die patriargie uitdaag.