DEBUUT
Met Jeswaan Boneparte, Kyle Farmer, Janru Steenkamp, Thakgalo Sello, Nurudien Wyngaard, Edwardo Kok
Danger. Gevaar. Ingozi. Bly weg. Lê plat. Ons is nie veilig nie. Die strate bloei van Gwa! Ba! Ba! Snellers word getrek, maar wie call die shots? Koeëls vlie deur ’n rugsak tot in die hart van ’n droom. Asems word opgehou, angs word opgebou. Dis normaal.Wie call die shots? plaas die kollig op wapengeweld in Suid-Afrika en hoe dit ons gemeenskappe en kinders raak.
Regisseur Byron Klassen
Skrywer Miché van Wyk
Moontlik gemaak deur die Stigting vir die Bemagtiging deur Afrikaans (SBA)met ondersteuning van die Tribuo en Proscenium-dramakompetisie, Toyota Stellenbosch Woordfeesen dieSuidoosterfees.