RESENSIE
Het jy al ooit met ieman gechill wat dikgeroek is en jy’s nugter?
deur Chase Rhys
Produksie: Die Francois Toerien Show +
Foto’s: Henk Oets
Francois Toerien en ’n spul talentvolle akteurs tree in hierdie uur en ‘n half lange sketsvertoning op.
Hierdie show het het vannie beste komiese akteurs: Dean John Smith, Devonecia Swartz, Kabous Meiring, Lorraine Burger, Karli Heine en Esther von Waltsleben. Stand-outs is Von Waltsleben, die vrou is ’n damn star. Sy steel scenes vannie moment wat sy in haa glittering goue rok appear as ’n wannabe Real Housewife vannie Winelands. En Swartz se fisieke komedie is skillful.
Die is ’n hoë-energieproduksie. Die gehoo het ’n skets baie geniet oo hoe Stellenbos se eiendomspryse al hoër wôtd, tewyl ie properties al kleinere raak. Hierdie skets bied slim kommentaar en is een vannie enigstes opbou tot ‘n bevredigende pay-off.
Die anne sketse depend te veel dat die situasie in itself snaaks is.
Die akteurs try hulle best, hulle wiet die wêk is veronderstel om ‘n komedie te wies maa die teks het eenvoudig nie genoeg grappe nie. Dus, om ‘n lag te kry, doen die akteurs te veel. Daa’s min light en shade wan alles is op 100 en dan is daa nêrens om van daa af te gaanie. Dinge kan vinnag ytputtend raak.
Die scenes is disjointed, sonne ‘n draad wat enigiets verbind.
Ôs het almal al hierdie sketse gesien. It begin mettie een in ’n audition room, waa weirdo’s se acts al mee en mee absurd raak. Dan is daa die een met ’n ou man in die doctor’s room wat ’n prostate exam te kry. En natuurlik wat is ’n sketsvertoning sonne die nuusleser “bit”?
Stephanie Hough het ’n massive ytdaagin gehad met soe klompie akteurs, elkeen met multiple karaktes. Die quick-changes het seemlessly gebeu.
Daa’s baie sketse ennie stelle (deu Toerien en Gaerin Hauptfleisch) is elaborate. Including ’n halfgesnyde egte motor en to-scale woonstelstoepe.
Die sketse is te lank. Hierdie show kan met ’n 45 minute cut doen. Soms het it gevoel of die tonele aangegaan het net sodat hulle ’n bietjie mee mileage ytie duur stel wat vi daardie spesifieke skets gebou is, kan kry.
Het jy al ooit met ieman gechill wat dikgeroek is en jy’s nugter? Hulle lag hulle in hulle moer in, vi hulle eie jokes, maa jy se gladdie op dieselle buzz nie. Nou soe was die show vi my.
Hierdie is ’n komedie vi ’n baie spesifieke groep mense. Ek wiettie wie daai mense issie, maa daa was wel ’n paa van hulle innie audience wat gewheeze it vannie lag.
- Die Francois Toerien Show +
10 Oktober 18:30 | 12 Oktober 14:00
Rhenish Girl’s High
Kaartjies is beskikbaar by Quicket.