Akrasia

FRINGE Met Heinrich Wentzel, Ancois Bodenstein Dit is die eerste herdenking van Reuben se ma se dood. Hy bied ’n kunsuitstalling aan met die titel Rou Moeder. ’n Huldeblyk, of eerder ’n finale totsiens, met sy ma as die middelpunt van alles. Totdat sy nie is nie. Die uitstalling ontaard in ’n aand met ’n […]
Amanda Strydom: Sewentig, nog lewendig

Met Amanda Strydom en die Kaapstadse Filharmoniese Orkeso.l.v.Jason Athert Amanda Strydom, akteur, sanger, skrywer en doyenne van kabaret en musiekteater, vier vanjaar haar sewentigste verjaarsdag en sewe en veertig jaar in die vermaaklikheidsbedryf. Amanda se pad was nie altyd maklik nie, maar haar kunstenaarskap en haar sonderlinge vertolkingsvermoë laat haar uitstyg en maak haar ’n […]
Amazeze (Vlooie)

2025 Met Brandon Matizanadzo, Kupakwashe Makhuyana, Warren Masemola, Gcina Mkhize, Mthokozisi Nkabinde, Khanya Ramahalia Tonderai, ’n jong Zimbabwiese seun wat in ’n Suid-Afrikaanse township woon, wag angstig teen sononder op sy ma se terugkeer van die werk. ’n Xenofobiese bende vat die strate oor en hy vrees die ergste. Hy waak oor sy ernstige siek […]
Amici plays Amici

Met Suzanne Martens (viool), Philip Martens(viool), Karin Gaertner(altviool),Peter Martens(tjello) Die Amici-strykkwartet gee ‘n uitvoering van drie 21ste eeuse Suid-Afrikaanse strykkwartette. Deel daarvan is die wêreldpremière van nuwe werke deur Jonathan Blair en John Simon, en dan die nasionale première van Shane Woodborne se eerste strykkwartet. Kom laat jou meesleur deur onvergeetlike, betowerende musiek wat jou […]
An Iliad

Met Alan Committie, Charl-Johan Lingenfelder An Iliadbring weer Homerus se legendariese verhaal na die hede. In hierdie verhoogwerk roep ’n digter en ’n musikant (Muse) die Trojaanse Oorlog op en vra: Hoekom bly ons hierdie storie vertel; hoekom bly ons dit leef? Vergeet van die afstandelike epiese gedig, want An Iliad is onmiddellik, menslik, donker-snaaks, […]
An Italian Songbook

Met EuiHyun Park (bas–bariton),Pieter Grobler(klavier), Brooklyn Theatre Salon Ensemble Salon Music bied aan ’n betowerende huldeblyk aan die goue era van sang in Italië. Die Koreaanse bariton EuiHyun Park tree op saam met die Brooklyn Theatre Salon Ensemble onder leiding van Suzanne Martens. Dit is ryk program vol hartstog en elegansie, en strek van Antonio […]
André Schwartz: Die kronieke van Buks

Met André Schwartz, JJ Petersen(klavier) In hierdie komiese kabaret blaf Buks – ’n klein wit chihuahua wat dink hy is so groot soos ’n renoster – koning in die stofstrate van Paul Roux. Buks trip-trap van huis tot huis, hoor die skinder en geheime, en word bederf met brokkies nuus en lekkernye. Buks is die […]
Ankle Marc

STANDUP Met Marc Lottering Marc Lottering is ‘n geliefde komediant wat veral bekend is vir sy bekroonde stand-up-komedievertonings en musiekblyspele. In sy nuwe stand-up, Ankle Marc, vertel hy onder meer waarom hy 2026 hinkepink binnegegaan het met ’n gebreekte enkel en ’n moonboot. Lottering het oor die jare verskeie gesogte teatertoekennings ontvang en is onlangs […]
Anton Goosen: Magtig, kyk wie’s 80!

Met Anton Goosen, David Kramer, Zolani Mahola, Dozi, Deon Meyer, Gian Groen, Koos Kombuis, Loukmaan Adams, Schalk Joubert, Lise Swart, Nick Turner, Churchil Naudé, Mauritz Lotz, Albert Frost, Akkedis, Coenie de Villiers, Luna Paige, Laurinda Hofmeyr, Kristi Steyn, Kevin Gibson, llimar Neitz,Robin Auld Ons vier die Liedjieboer se tagtigste verjaardag in hierdie besonderse huldeblyk aan […]
Anything but Static

’n Keur van moderne en kontemporêre stillewes Hierdie uitstallingoorbrug die gaping tussen historiese tradisie en kontemporêre ondersoek. Die konsep van ’n stillewe word vandag steeds verken. Hoewel die klassieke motiewe van blomme, materiale en kos behoue bly, kan die onderwerp ook persoonlike, kulturele, mitologiese, religieuse en filosofiese temas verteenwoordig. Dié keur van werke – histories […]
Argitektoniese wandeling: Middedorp

Wil jy self beleef hoe opwindend-interessant geboue die storie van ’n dorp kan vertel? Die kultuurhistorikus Matilda Burden sal jou met nuwe oë laat kyk na die hart van die Eikestad met sy argitektoniese juwele. Twee verskillende roetes word op alternatiewe dae aangebied: ROETE 2: MIDDEDORP 5 en 7 OKT 17:00 | 6 en 9 […]
Argitektoniese wandeling: Om die Braak

Wil jy self beleef hoe opwindend-interessant geboue die storie van ’n dorp kan vertel? Die kultuurhistorikus Matilda Burden sal jou met nuwe oë laat kyk na die hart van die Eikestad met sy argitektoniese juwele. Twee verskillende roetes word op alternatiewe dae aangebied: ROETE 1: OM DIE BRAAK 3, 6 en 8 OKT 17:00 | […]