Aandwandeling

Pietman Retiefneem feesgangers namens die Stellenbosch-museum op ’n lieflike aandwandeling deur die middedorp. Soos hy deelnemers deur die bekende strate begelei, gesels hy oor die geskiedenis van die historiese geboue en vertel interessante staaltjies oor die dorp. Bring gemaklike stapskoene en ’n trui.

Aanstap Boere

Aangebied deurJonathan Ball Hoe maak ’n mens sin van die lewe in ’n ingewikkelde land met ’n betwiste verlede? Max du Preezse jongste boek, Aanstap Boere (ook in Engels beskikbaar as The End of Normal), bied ’n sinvolle ontleding van die kompleksiteite wat Suid-Afrikaners daagliks in die gesig staar. Pieter du Toit praat met Max […]

Afrikaans 101: As woorde kon verf

Die Kunsvereniging Stellenboschnooi jou hartlik uit na die tentoonstelling As woorde kon verfwaarvoor verskeie talentvolle plaaslike kunstenaars kleurvolle vlae geskep het wat hulde bring aan die ryk erfenis van Afrikaans. Dié unieke uitstalling ondersoek die verhouding tussen taal en beeldende kuns – hoe woorde gevoelens, herinneringe, stories en identiteit kan oproep, en hoe kunstenaars dié […]

Afrikaans: Brugbouer of remskoen?

Afrikaans word in ons toenemend verengelsende samelewing deur baie mense beskou as ’n taal wat nie noodwendig hulle geleenthede bevorder nie, maar dit soms selfs kan belemmer. Hierdie persepsie word weerspieël in ouers se taalkeuses vir hul kinders in ‘n opvoedkundige en sosiale konteks. Dít terwyl Afrikaans vir miljoene mense ’n draer van identiteit en […]

Afterpaartie All Stars

’n Eenmalige byeenkoms van feesgunstelinge en ’n klomp verrassende gaste wat sorg vir ’n plesierige, genre-oorskrydende finale waar enigiets kan gebeur en niemand lus is om huis toe te gaan nie. AfterpaartieElke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is nog lank nie reg […]

Afterpaartie: Albert Frost-trio

Met Albert Frost Trio Die blues-rock-virtuoos Albert Frost en sy trio laat die verhoog behoorlik vlamvat met hul rou energie en wêreldklas-musiek wat ’n laataandvertoning in ’n besonderse ervaring omskep. Elke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is nog lank nie reg om […]

Afterpaartie: Nick Turner & vriende

Met Nick Turner & vriende Nick Turner, bekroonde kitaarspeler en liedjieskrywer wat bekend is vir sy werk met Sons of Trout en die Solms-Delta-projek, bring ’n groep uitsonderlike musikante bymekaar vir ’n aand van meesterlike spel, spontaneïteit en onvergeetlike musiek. Elke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe […]

Afterpaartie: Papier Family Band

Met Papier Family Band Die Papier Family Band bring geslagte van musikale storievertelling bymekaar in ’n warm, sielvolle viering van familie, erfenis en die tydlose gees van Suid-Afrikaanse musiek. Elke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is nog lank nie reg om te […]

Afterpaartie: Robin Auld-trio

Met Robin Auld Trio Onder leiding van die legendariese liedjieskrywer Robin Auld vermeng hierdie trio folk, rock, blues en Afrika-invloede in ’n versameling liedjies wat getuig van hul groot hart, swerflus en uitstaande musikale vernuf. Elke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is […]

Afterpaartie: World Peace Ensemble

Met World Peace Ensemble Die World Peace Ensemble lewer ’n vreeslose klankreis waarin diep grooves, jazzimprovisasie en wêreldritmes saamsmelt in ’n kragtige viering van musikale eenheid. AfterpaartieElke feesdag het daardie oomblik wanneer die laaste verhooglig uitdoof en die skare huis toe gaan, maar jý, jý is nog lank nie reg om te gaan slaap nie. […]

Aggressiewe water

Aangebied deur Karavan Press Erika Viljoen se memoires, Aggressiewe water, is gebore uit briewe wat sy aan familie en vriende geskryf het toe die gesin uitgewyk het na ’n stuk veld in die Klein-Karoo waar niemand anders nog permanent gewoon het nie. Wat vir baie mense net ’n droom is, het vir haar gesin ’n […]