Art Class

In hierdie kunsklas word die tasbare en visuele kompleksiteite van ’n fisieke stillewe-installasie in die spasie verken. Dit dien as ’n lewendige anker om vorm, lig en ruimtelike verhoudings te ondersoek. Dit is ’n meesleurende ervaring waarin deelnemers met ’n verskeidenheid mediums kan werk om die driedimensionele wêreld na ’n tweedimensionele oppervlak oor te bring.
Ateljeebesoeke: Daniel Naudé

Yonder Hill-wynplaas, R44 Besoek die ateljee van ons feeskunstenaar, Daniel Naudé. Dis hier waar die werke geskep is wat deel vorm van Still Life, die uitstalling wat in die US Museum te sien is. Daniel se vorige projekte het hom die wye wêreld ingestuur, maar om die insekte vir Still Life af te neem, het […]
Ateljeebesoeke: Francé Beyers

Van der Stelstraat 49 Francé Beyers is bekend vir haar lang verbintenis as redakteur van die tydskrif Stellenbosch Visio en haar passie vir die bevordering van kuns en kultuur. Beyers beskou keramiek as ’n wonderlike avontuur en geniet dit om in hierdie nuwe medium te leer en te eksperimenteer.
Ateljeebesoeke: GUS-galery

GUS-galery, hoek van Dorp- en Birdstraat Kabous HanslamKabous Hanslam is ’n kontemporêre kunstenaar wat spesialiseer in skilderkuns en beeldhou. Sy werk ondersoek die queer liggaam as “houkamer” met ingangswonde na herinnering, begeerte en skaamte. Ron SauermanRon Sauerman is ’n boekbinder en kunstenaar wat meestal met skilderkuns en boekmaak werk. Sy praktyk ondersoek die liggaam deur […]
Ateljeebesoeke: Héni Andrag

HÉNI ANDRAGBrandwachtstraat 9 Héni Andrag is ’n Stellenbosse afdrukkunstenaar en oppervlakontwerper wat botaniese vorme en tekstuur ondersoek deur middel van kunsdrukwerk, tekstiele en houtskooltekeninge op hout. Sy is ook die eienaar van Elsje Designs in die Jonkershoekvallei, waar sy produkte skep wat deur Suid-Afrikaanse erfenis en flora geïnspireer word.
Ateljeebesoeke: Izette Roos

IZETTE ROOSCulemborgsingel 19, Die Boord Izette Roos gebruik gewone, alledaagse voorwerpe in haar beeldhoukuns. Sy ondersoek wat ons glo ons is, en wat ons glo ons toekom. Die werk bestaan uit plat vlakke wat driedimensioneel aanmekaargesit word om beeldhouwerke te vorm.
Ateljeebesoeke: Katie Farringer

KATIE FERRINGERMountain Wood-plaas, Banhoek Katie Farringer se onlangse werk verken die tussenspel van water en die menslike vorm. Sy het ook begin om dit in nuwe rigtings te stuur met studies van lig, vlug en gewigloosheid – en die eindelose moontlikhede van die lugruim. Vir haar kan die kreatiewe proses nooit voorafbepaal word nie: Dit […]
Ateljeebesoeke: Klara-Marié den Heijer

KLARA-MARIÉ DEN HEIJERFormosastraat 24, Die Boord Klara-Marié den Heijer nooi jou na die plek waar sy pigment en verf en kuns maak. Kom kyk waar sy haar alchemiese prosesse uitvoer: waar sy klip, klei, roes, as, plant en gogga tot kleurstof fynmaal, olie-papperye tot verf transformeer, en onverwoordbare gedagtes aan oppervlakke afsmeer.
Ateljeebesoeke: Lunga Kama

Victoria Hub, US-kampus Lunga Kama is ’n fotograaf met ’n graad in die visuele kunste. Hy werk hoofsaaklik in die medium van fotografie en sy hooffokus is portrette. Hy maak portrette van plante, maar ook selfportrette binnens- en buitenshuis.
Ateljeebesoeke: Marianne Burger

Patrysvlei-plaas 4, Stellenbosch Marianne Burger bied kunsklasse aan in haar ateljee op Patrysvlei, maar ook slypskole in olieverf en drukmetodes. Besoekers sal haar skilderye op linne en wit doek kan besigtig, maar ook linosnee-, droëpunt- en etsafdrukke. Tans verf sy hoofsaaklik voëls in hulle fynbosomgewing asook landskappe.
Ateljeebesoeke: Marié Stander

MARIÉ STANDEROstarastraat 47, Jamestown As portret- en figuratiewe kunstenaar verbeeld Marié Stander mense met karakter en stories wat haar pad kruis, dikwels met voorwerpe of kostuums wat sosiale en maatskaplike kommentaar lewer. Haar tekeninge is lewensgroot of groter en sy teken graag met houtskool, soms in kombinasie met kleurryke elemente in ink of pastel, wat […]
Ateljeebesoeke: Mona Haumann

Keetweg 9 Haumann is ’n Stellenbosse kunstenaar wat die lewe deur kuns ervaar. Sy skep werk en idees wat wentel om herinneringe uit haar onderbewuste, maar werk ook met visuele elemente van haar onmiddellike hier en nou.