Ateljeebesoeke: Shany van den Berg

Saxenhof 2, Dorpstraat 159 Shany van den Berg ondersoek al die afgelope 30 jaar die formele en simboliese dialoog tussen die menslike vorm en die natuurlike wêreld. Sy benader stillewes en figuurkomposisies met dieselfde oog vir vorm en negatiewe ruimte, en bring die kurwes van ’n vaas in verband met die menslike liggaam. Deur historiese […]
Ateljeebesoeke: Strijdom van der Merwe

Du Toitstraat 12 Strijdom van der Merwe se kuns is opsetlik verganklik – vlugtige gebare eerder as konvensionele beeldhouwerke. Hulle word ter plaatse geskep, met slegs materiaal wat in die omgewing gevind word, en is bestem om net vir ’n breukdeel van tyd te bestaan voordat hulle as’t ware oorgegee word aan die elemente. Die […]
Ateljeebesoeke: Trude Gunther

44 Skirts Fine Art Studio, Plaas 350 deel 4, Jonkershoek Trude Gunther is multidissiplinêre kunstenaar wat belangstel in die magiese en die bestaan van menswees. Sy het ’n meestersgraad in iIllustrasie, asook verdere kwalifikasies in beeldende kunste en teater. Vanuit ’n hoogs persoonlike en eksperimentele perspektief ondersoek haar kuns temas van bestaan, katarsis en die […]
Ateljeebesoeke: Vivian van der Merwe

Tiobelle Crescent 59, Jamestown Wanneer taal tot by die uiterste grense van sy uitdrukkingsvermoë gedwing word, bereik dit ’n drempel waar dit nie meer kan byhou nie. “As skilder is dit my oortuiging dat dit juis in hierdie stilte – anderkant taal, konsepte en retoriek – is waar wiskunde, musiek en skilderkuns begin, en waar […]
Ateljeebesoeke: Zonia Scheffer

Jonkershoekweg 28 Zonia Scheffer het haar honneursgraad in die skone kunste aan die Universiteit van Pretoria verwerf. In 1998, twee jaar ná die voltooiing van haar graad, ontvang sy ’n merieteprys by die Sasol Nuwe Handtekeninge-kompetisie. Sy het sedertdien ses solotentoonstellings gehou en aan talle groepsuitstallings deelgeneem. Haar unieke styl kombineer alledaagse voorwerpe op onverwagse […]
ATKV-Tienertoneel se nasionale wenproduksie

Die 62ste wenner van die ATKV-Tienertoneelkompetisie maak vanjaar ’n buiging by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Dit is die ATKV se oudste projek. Slegs agt produksies het vir die naelbyt-eindronde gekwalifiseer. Kom vier vanjaar se wenner en Suid-Afrika se volgende geslag jong talent saam met ons.
Atropa

Met o.a. Anna-Mart van der Merwe, Antoinette Kellermann, Rolanda Marais, Carla Smith, Geon Nel In ’n wêreld verskeur deur oorlog, ongelykheid en die nalatenskap van kolonialisme, tref Atropa: Die wraak van vrede soos ’n pyl. Hierdie herbesinning oor die Trojaanse oorlog deur die Vlaamse skrywer Tom Lanoye is nie net ’n hervertelling nie, maar ’n […]
autoplay

Met Darkroom Contemporarymet o.a. Gemma Trehearn, Rian Jansen, Tamsyn Pretorius, Inge Beckmann, Gala Winkler, Phelo Ngxukuma, Wayne Simpson autoplay is ’n meesleurende, surrealistiese ontmoeting tussen mens en masjien. Hierdie hibriede uitvoering ondersoek identiteit en outonomie in ’n wêreld wat deur digitale stelsels gevorm word. Aangedryf deur kunsmatige intelligensie, vra dit vrae oor selfstandigheid, invloed en […]
Before Texting Ruined Everything

Met Bronwen Forbay(sopraan), Christiaan Bester(bas), Jose Dias(klavier) In die opera The Telephone verander die komponis Gian Carlo Menotti ’n eenvoudige sitkamer in ’n komiese slagveld waar intimiteit voortdurend onderbreek word. Gesprekke ontspoor, tydsberekening misluk en verbinding glip net buite bereik. Onder die humor skuil die vraag: Wie luister werklik in ’n wêreld van eindelose geraas?
Bella’s Kitchen

Aangebied deur Penguin Random House Bella’s Kitchen isIsabella Niehausse liefdesbrief aan die mense wat belangrik is in haar lewe, maar ook aan haarself. Dit is deels ’n kookboek en deels ’n oordenking van elke stadium van haar lewe – van haar grootworddae op die Vrystaatse platteland en haar tyd as glansryke moderedakteur en liefdevolle moeder […]
Beste van alle tye

FRINGE Met Christie van Niekerk, Ané Koegelenberg ’n Satiriese blik op Afrikaner-wees in die 21ste eeu. Die stuk ontleed die politieke, maatskaplike, kulturele en absurde landskappe waarin Afrikaners/“Afrikaners”/Afrikaanssprekendes hulself bevind en uitleef. Van popmusiek tot piramideskemas, tafelgebede en ’n voorliefde vir die akuut – niks hier is heilig (of veilig) nie. ’n Karatewater-konkoksie van sketse, […]
Bethulie: My lewe in die kamp

Aangebied deur Tafelberg Die 23-jarige Rensche van der Walt se aangrypende dagboek vertel van die lewe in die Bethulie-konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902), of te wel die Suid-Afrikaanse Oorlog. Sy skryf in skokkende detail oor die siektes, wanvoeding en oorbevolking wat Boeregesinne daar moes verduur. Dit word nou vir die eerste keer in 60 jaar […]