Bieruur met Beer

Aangebied deur VIA VIA se gewilde algemenekennisspeletjieSlim vang sy baasis terug by die Toyota Stellenbosch Woordfees. Kom kuier saam, speel saam en geniet ’n gratis bier met VIA se slimste gasheer, Beer Adriaanse. Dit is mos ’n wenkombinasie wat net ’n plesierigheid kan afgee!Om jou gratis bier te ontvang, bespreek op Quicket.

Bietjie koffie met jou staatsgreep

STANDUP Met Marianne Thamm Die ondersoekende joernalis en satirikus Marianne Thamm keer terug na die verhoog met ’n splinternuwe stuk performance journalism. In ’n land waarin staatsgrepe, korrupsie, blou ligte, die Zillenator en Brazilian butt lifts die nuus oorheers, ontleed Thamm Suid-Afrika se absurde politieke werklikheid met skerp humor, insig en bytende satire. Van opspraakwekkende […]

Biltong, Dior en baguette

Aangebied deur Tafelberg As grootoogseun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink hy sal eendag ’n château in die Franse platteland besit nie. Kom luister na sy kostelike vertellings oor sy lewe in Frankryk, terwyl jy smul aan varsgebakte bageuttes met fynproewersvulsels en heerlike wyn by die wonderskone KleinBlouKlip-landgoed. Jak […]

Black Burns Fast

2025 Met Esihle Ndleleni, Muadi Ilung, Mila Smith, Khensani Khoza, Ntsimedi Gwangwa, Basetsana Motloung Die “adorkable” en leergierige Luthando is op koers vir ’n normale akademiese jaar by die gesogte koshuisskool wat sy met ’n beurs bywoon. Die aankoms van ’n nuwe meisie in haar klas laat Luthando se onderdrukte begeertes ontvlam en bedreig haar […]

Boei

Aangebied deur Protea Boekhuis Jean Meiring is een van ons land se voorste boekresensente. Hy benader resensiekuns nie as ’n vinnige oordeel of verbruikersgids nie, maar as ’n vorm van openbare denke. Boei, ’n bundel waarin 85 van sy boekresensies oor twee dekades byeengebring is, dien as die vertrekpunt vir ’n breër gesprek oor resensies, […]

Boekmense, braaibroodjies en Buurvrou – ‘n EasyEquities-skrywerspartytjie

Ons skrywerspartytjie neem vanjaar ’n ander vorm aan: Kom ontmoet jou gunsteling-boekmense in ’n ontspanne atmosfeer terwyl almal saam smul aan vars braaibroodjies en luister na Buurvrou, die Afrikaanse folk-sangers wat hulself beskryf as ’n groep “bemindes, familielede en regte bure”. Gesels oor boeke of die regte resep vir braaibroodjies, bewonder die beste skrywers van […]

Boekwurm-safari

Bring die kleinspan na hierdie prettige lees-en-leer-sessie, aangebied deur drie kinderboekskrywers en handwerk-boffins. Dit is ideaal vir jong boekwurms met ’n kort aandagspan – ons skuif tussen drie stasies, elkeen met ’n oulike aktiwiteit: Leer hoe om jou eie slym-konkoksie te maak saam met Engela Duvenage(Die grillerigste, stinkste en slymerigste goeters in Suid-Afrika). Maak diereplakkers […]

Boerlesque

Met Roland du Preez, Celeste Loots Boerlesqueis Afrikaans se verjaardagpartytjie. Afrikaans het verlede jaar amptelik 100 jaar geword, en ons vier dit met ‘n kabaret! Boerlesque is beïnvloed deur drag en kabaret, en gevul met sang, choreografie en spitsvondige koorkomedie. Dit is ‘n vertoning vir gemarginaliseerde Afrikaners, ‘n viering van Afrikaans deur mense wat soms […]

Boesak: Unauthorised

Aangebied deur African Perspectives Toe die apartheidsregering gedink het alle teenkanting is stilgemaak, het die uitdagende stem van Allan Boesak uit Kaapstad opgeklink. Die joernalis Dennis Cruywagen ondersoek hierdie komplekse nalatenskap in sy boek Boesak: Unauthorised. Hy volg Boesak se pad van vreeslose anti-apartheidsleier tot die eerste hoëprofiel-aktivis wat ná 1994 tronk toe gestuur is. […]

Boesman en Lena

Met Veronique Jephtas, Brendon Daniels, Tshamano Sebe Boesman en Lena is twee hawelose randfigure – uitgelewer aan mekaar, die elemente en ’n politieke bestel wat hulle nie ag nie. Athol Fugard se ikoniese stuk bied ’n boeiende blik op die kompleksiteit van verhoudings en maatskaplike ongeregtigheid. Dit is ook ’n viering van die krag en […]

Bok Radio

Op Vrydag 9 Oktober kuier die span van Bok Radio regstreeks by die Toyota Stellenbosch Woordfees, en tussen 10:00 en 16:00 kan jy vir jou gunsteling-omroeper van Bok Radio kom dagsê by by die BokWa voor die Erfurthuis. Sien jou daar!

Booshle G

Booshle Gwas ’n jeugpastoor in sy vroeë twintigs in Kariega (Uitenhage) in die Oos-Kaap voordat hy ’n internasionale hiphop-sensasie geword het met optredes in onder meer Bristol, München, Zürich en Amsterdam. Sy musiek is ’n mengsel van pop, indie, hiphop en gospel. Hy sing oor identiteit en selfontdekking en sy musiek dra ’n boodskap van […]