Galery: EasyEquities Finansiële gespreksreeks 2026

EasyEasyEquities is nie net die trotse naamgewer en borg van die Toyota Stellenbosch Woordfees nie. “By EasyEquities help ons mense om hul eie finansiële stories te skryf. Stories van insig, van selfvertroue, van moontlikhede. Stories wat begin met ’n klein belegging, ’n eerste stap, en dan stadig maar seker momentum kry,” sê Carel Nolte, hoof van bemagtiging by EasyEquities.

Dié beleggingsplatform se jaarlikse finansiële gespreksreeks by die fees word aangebied deur geld- en beleggingskenners. Vanjaar se program het velerlei insae gebied, van beleggingsraad vir ma’s, vroue-entrepreneurskap, voorbereiding vir die aftreepot, en geldwyse besluite.

Beleggingsraad vir ma’s

Aangebied deur Carel Nolte en Carly Barnes, hoof van bemarking by EasyEquities en ma van ’n babaseun en peuterdogter.

From School Fees to Someday

Carel Nolte en Carly Barnes het US-raadslid Helena Conradie uitgevra oor hoe jy suksesvol voorberei vir aftrede – en hoe om voluit te leef tot ’n mens daar kom.

Vroue en entrepreneurskap

Rose Jordaan, eienaar van Plaisir, het met Carel Nolte en Carly Barnes gesels oor entrepreneurskap, wynmaak, bemarking, natuurbewaring, velddraf en nog meer.

MoneyMoves

Die welvaartbestuurders Paul Roux en Ingrid Klückow het ’n gespreksreeks aangebied vir mense wat hulle geldbesluite met groter insig en meer selfvertroue wil neem.

Facebook
Twitter
LinkedIn