Kinderteater en- komedie, klassieke musiek vir kinders, ’n leeshoekie en ’n safari vir boekwurms. Die Toyota Stellenbosch Woordfees se Kinderfees is omvattend, volwaardig, grappig én leersaam. Die kleinspan is bederf met humorsin, verbeeldingryke leesavonture deur bekende akteurs, blootstelling aan klassieke musiek, betowerende toneelstukke soos Liewe heksie word gescam en Zonkie en die laaste boomhuis en meer. Ons sien julle volgende jaar, 2 tot 10 Oktober, vir nog ’n spesiale gesinservaring.
Fotograwe: Jeremeo le Cordeur, Stefan Els, Golda Simmers, Mark Cloete, Natalie Gabriels, Llewellyn de Wet.Â




