Galery: Hofmeyersaal-demokombuis | 2026

Van inspirerende kookdemonstrasies en boekbekendstellings tot smaaklike proegeleenthede – die Leefstylprogram by die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees het kosliefhebbers met geure, stories en kreatiwiteit bederf. Hirsch’s en EasyLife Kitchens se demokombuis was die tuiste van bekende sjefs, bekroonde kookboekskrywers en kulinêre kenners wat hulle resepte, geheime en stories gedeel het.

Feesgangers kon nuwe smake ontdek, aan heerlike skeppings proe en inspirasie vir hulle eie kombuise kry by kosmense soos Isabella Niehaus, Reuben Riffel, Jenny Morris, Elmarie Berry, Zola Nene, Bertus Basson, Marinda Engelbrecht, Hanna en Dirk van der Westhuizen, Louis Jansen van Vuuren, Frans de Villiers, Sally Andrew, Tony Jackman, Andriette Georgiou en Renée Terreblanche-Brand. 

Stap vir stap, hap vir hap – dit was ’n héérlike week.

Fotograwe: AB Jantjies, Gys Loubser, Natalie Gabriels

Recipes to Live for

Fotograaf: AB Jantjies

Tamatiestraat: Tussen-In-Between

Fotograaf: AB Jantjies

Fire for Life: Gut Health

Fotograaf: AB Jantjies

Bella's Kitchen

Fotograaf: Gys Loubser

No thank you to Obesity

Fotograaf: Natalie Gabriels

Simply More Zola

Fotograaf: AB Jantjies

Elmarie Berry Kook

Fotograaf: AB Jantjies

Facebook
Twitter
LinkedIn