SPRING EN SPAAR MET SPESIALE AFSLAG EN SEISOENKAARTJIES

Die ekonomie druk oral en dit was dus vir die Woordfeesbestuur ’n prioriteit om feesgangers vanjaar toegang tot soveel gehalte-aanbiedings moontlik te gee. Benewens ’n groot verskeidenheid gratis feesplesiere soos kunsuitstallings en die grootste deel van die Diskoersprogram en Filmfees, is daar verskeie inisiatiewe om kaartjies meer bekostigbaar te maak. Hier is ’n nuttige opsomming […]

Stories vir die 2024 Woordfeeskortverhaalbundel word ingewag

Dit is tyd vir die negende US Woordfeeskortverhaalbundel-kompetisie. Al die vorige bundels is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en ook gunstig deur kritici ontvang. Hierdie kortverhaalbundels sal in die komende jare dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hulself tans bevind. Die skrywer van die wenverhaal sal prysgeld […]

Teatermakers en dansers neem STANDpunt in

Professionele teatermakers en dansers is hard getref deur die Covid-pandemie, wat nie net ’n dramatiese verlies aan inkomste veroorsaak het nie, maar ook verhoogkunstenaars van ’n gevoel van gemeenskap ontneem het. Die Take-a-STAND Dialogues is gegrond op die model van skrywersfeeste en wil met ’n samekoms gemeenskap versterk en nuwe lewe gee. Die Take-a-STAND-gesprekke sal […]

TERUGSKOU | Die fees in foto’s | 2024

soiree

Ons het die eindstreep bereik en beklink ’n heerlike fees. Geniet ’n vrolike terugskou op die speelsheid, verskeidenheid en flair tydens die flora-seisoen. Voortaan, gaan speel jou hart uit dié lente!​​​​​​​ Sien julle weer in 2025 van 11 tot 19 Oktober.  ’n Groot dankie aan al ons feesfotograwe: Pierre RommelaereKristin PayneLlewellyn de WetNanette EvenhuisTen SecondsIvan […]

Toyota Musiekfees: Drostdy-teater

AMBER / OMBRÉ Met: Amanda Strydom, Coenraad Rall (klavier), Susan Mouton (tjello) Amber verwys na ’n oranjebruin edelsteen óf beteken “vlugtig, temperamenteel, vrolik en aandadig”. Ombré is die verandering van lig na donker en van donker na lig. Strydom, Mouton en Rall het in hierdie kabaret as’t ware ’n klank-en-woordkleed deur musiek, stories en poësie […]

Toyota Musiekfees: The Daisy Jones Bar

DIE KAAPPUNTERS: AFRIKAANSE ROCK SE ANKER IN DIE SUIDE Met: Riku Lätti/Wian Anders (stem, kitaar, klavier), Jackie Lätti/Bettie Blatjang (stem), Willem Möller/Karring Kaappunter (kitaar), Churchil Naudé (kletsrym), Mark Ellis/Markus Oralrus (baskitaar), Jean Marais/Vuilsak van Staden (tromme), Tonia Möller (stem, perkussie), Jannie Hanepoot van Tonder (tromboon) Die Kaappunters is ’n parmantige rockgroep wat gebore is uit […]

Toyota Stellenbosch Woordfees, 3 – 11 Oktober 2026: Program bekend 

Die 2026 Toyota Stellenbosch Woordfees-program is Donderdagaand bekend gestel tydens ’n voorskougeleentheid by Asara-wynlandgoed. Die jaar se tema is: Dis hoog tyd! “Tyd is ’n skaars kommoditeit,” sê Saartjie Botha, direkteur van die Toyota Stellenbosch Woordfees oor die keuse van die feestema. “Daarom is dit hoog tyd om in die kunste te belê deur jouself […]

Wees bly – vir Bly Vrydag

Die Toyota Stellenbosch Woordfees bied op Bly Vrydag, 30 Augustus 2024, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal teen slegs R40 elk verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag […]

Wees bly – vir Bly Vrydag

bly vrydag

Die Toyota Stellenbosch Woordfees bied op Bly Vrydag, 26 September 2025, meer as 1 700 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20- tot 80% aan. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal teen slegs R50 per kaartjie verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van […]

Wen R10 000 vir ’n radiodrama van 10 minute – in Afrikaans, Engels of isiXhosa

Die eerste Klaskamer Radiodramakompetisie is op soek na werk wat sal aanklank vind by leerders tussen 13 en 16 jaar en geskik is vir gebruik in die klaskamer. Daar is geen voorgeskrewe tema nie, maar die radiodrama moenie langer as 10 minute wees nie. Die kompetisie is oop vir alle Suid-Afrikaanse skrywers en radiodramas kan […]

Wenner van 2024 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

bundel

Emile Joubert is as algehele wenner van die 2024 Woordfeeskortverhaalkompetsie bekroon by die bekendstelling van die bundel in die Eikestad op 28 September. Emile, wat al voorheen in die bundel opgeneem is, wen R30 000 met die komplimente van EasyEquities vir sy plattelandse droomverhaal “Die berghaan het sy seer laat val”. In nege jaar het […]

Wenner van die 2025 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

Met Herschelle Benjamin as gasheer in die Hofmeyrsaal in Stellenbosch wat stampvol was van skrywers en literatuurliefhebbers is Tarina Jordaan Saterdagaand uit 371 inskrywings aangewys as wenner van die Stellenbosch Woordfees se tiende jaarlikse kortverhaalkompetisie. Jordaan kry altesaam R30 000 met die komplimente van EasyEquities, en elke skrywer wat in die bundel opgeneem word ontvang […]