Klassieke Musiek

VOORSKOU Fees van klassieke musiek wag dié naweek Naudé Van Der Merwe Die Toyota US Woordfees is al vyf dae volstoom aan die gang, maar oor die volgende twee dae tel die fees verder spoed op. Die naweek is propvol uitvoerings en produksies met plaaslike en internasionale kunstenaars. Vrydagaand om 20:00 is die Universiteit van […]

Klassieke musiek: Oorsig 1

OORSIG Klassieke smorgasbord bied iets vir elke smaak Willem BesterFoto’s: Llewellyn de Wet Ouverture Endlersaal In Handel at Home het Erik Dippenaar, artistieke hoof van die Cape Town Baroque Orchestra, ’n program van kleiner werke deur G.F. Handel (1685–1759) gelei. Vir baie mense sal dié komponis hoofsaaklik bekend wees vir sy veel groter operas en […]

Klassieke musiek: Oorsig 2

RESENSIE ’n Spaanse reis, ’n SA première en die einde van ’n era Naudé van der Merwe Recuerdos de España, Liedmuses: Boulanger, Bonds & Larsen, en Libertaskoor sing oratoria Fismer- en Endlersaal Foto: Nardus Engelbrecht en verskaf Op die laaste Saterdag van die Toyota US Woordfees het koue onweer buite gewoed, maar die konsertsale was […]

Oor walvisklanke en windrose

RESENSIE Oor walvisklanke en windrose deur Naudé van der MerweProduksies: Trio Du Cap Classique en WindroosFoto’s: Emma Wiehman Die Woordfees se klassiekemusiekprogram is propvol, en die keuses uiteenlopend; dus hoop ’n mens altyd dat die eerste konsert jou hart en brein gerus sal stel dat jy die korrekte keuse gemaak het om die week op Stellenbosch […]

Poem

RESENSIE Fluitspeler gee ‘Poem’ oemf Naudé van der Merwe Poem Endlersaal Foto’s: Stefan Els Musiek, dans en poësie is drie kunsvorme wat die potensiaal het om naatloos by mekaar te pas. In Poem is dié elemente soms uiters suksesvol saamgesnoer, ander kere was dit minder doeltreffend. Maar as ’n geheel was dit steeds ’n prysenswaardige […]

Pots and Pans, with Strings and Things

RESENSIE Kookwater crossover Naudé van der MerwePots & Pans, with Strings & Things – The Scullery QuintetEndlersaalFoto’s: Nardus Engelbrecht Die Endlersaal was minder as ’n tiende vol. O wee. Die Scullery Quintet verdien vol sale, stampvol kroeë en oorvol jazz klubs. Dit is een van daai veelsydige ensembles wat in enige ruimte luisteraars sal oorrompel. […]