’n Groot, warm dankie

Die 22ste Toyota US Woordfees was die eerste kunstefees wat volledig op ’n opwip-TV-kanaal plaasgevind het. Woordfees TV is van 1 tot 7 Oktober landwyd en in Namibië uitgesaai op DStv-kanaal 150. In Namibië was dit ook op GOtv-kanaal 15 beskikbaar. Woordfees TV sou egter nie kon gebeur sonder die inkoop, diep delf en vindingrykheid […]
Dis weer ’n lente-Woordfees in die Boland

Die Toyota US Woordfees vind volgende jaar nogmaals in die lente plaas van 7 tot 15 Oktober. Dié besluit is geneem in oorleg met verskeie rolspelers en belanghebbendes, insluitend borge en donateurs, ander kunstefeeste, kunstenaars, feesgangers, vervaardigers, skole, diensverskaffers en die gasvryheidsbedryf. “Vanweë tydsdruk sou dit onmoontlik wees om reeds ’n fees in Maart 2023 […]
Hartlik geluk aan al die Fiësta-benoemdes

Die benoemings vir die 13de kykNET Fiësta-toekennings is pas bekend gemaak. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – Aardklop, Innibos, KKNK, Suidoosterfees, Toyota US Woordfees en die Vrystaat Kunstefees – kom in aanmerking vir dié pryse. “Die stiller jaar ná die pandemie het allermins kunstenaars se kreatiwiteit gekortwiek,” sê die sameroeper […]
Die fees in foto’s

Ons het geborrel dat dit bars, en ons bruis steeds van opwinding oor vanjaar se Woordfees. ‘n Hartlike dankie aan al ons entoesiastiese en bedagsame feesgangers, die kunstenaars wat alles gegee het, ons donateurs (Het Jan Marais Nationale Fonds, NATi • Nasionale Afrikaanse Teater-Inisiatief, Jannie Mouton Stigting, Johann Brink Trust, L.W. Hiemstra Trust en WF20), […]
Die Woordfees Kunstenaarsweek wil nuwe hoop en nuwe werk skep

In die eerste Toyota US Woordfees Kunstenaarsweek sal kunstenaars die geleentheid kry om hul vaardighede, idees en konsepte te slyp en te verfyn onder leiding van vooraanstaande fasiliteerders, waaronder die teatermakers Andrew Buckland en Sylvaine Strike, die danser-choreograaf Gregory Maqoma en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips. Die Toyota US Woordfees Kunstenaarsweek sal van 6 […]
Die Woordfees Langtafel

Die Langtafel is vir baie Woordfeesentoesiaste ’n jaarlikse hoogtepunt en geliefde tradisie. Dit is aan hierdie Langtafel, onder die bome in Ryneveldstraat, waar die Toyota US Woordfees die feesplanne vir 2022 sal bekend maak. Die wêreldberoemde Universiteitskoor Stellenbosch sal optree en daar sal ook straatkunstenaars, ’n komediant, musiek, heerlike piekniekkos en wyn wees. Van Stellenbosch […]
Flikker & Flash: Wat jy moet weet

Waar: Stellenbosch-middedorpWanneer: Vrydag en Saterdag, 9 en 10 April Aanbiedings:Vrydag, 9 April, 18:30 – 21:30:’n poësie- en musiekaandSaterdag, 10 April, 16:00 – 18:00:Straatsoiree, aangebied deur Stellenbosch Wine RoutesSaterdag, 10 April, 18:00 – 22:30:’n wye verskeidenheid van kort vertonings (5-15 minute elk) met ’n orreluitvoering in die Moederkerk ter afsluiting van die feestelikhede. Hier is antwoorde op al […]
Foto’s: Flikker & Flash – Vrydagaand, 9 April

‘n Groot verskeidenheid digters en musikante van dwarsoor die land het Vrydagnag in Stellenbosch warm gemaak. Dié musiek- en poësieaand is voor die Hofmeyrsaal aangebied. Fotograaf: Nardus Engelbrecht
Foto’s: Flikker & Flash Saterdagaand, 10 April

Saterdagaand het om die 70 kunstenaars in elf onkonvensionele vertoonruimtes in die middedorp van Stellenbosch 16 opwipvertonings aangebied in ‘n wye verskeidenheid van genres insluitend teater, dans, modeontwerp, improvisasie, vertoonkuns, kabaret, hip hop, folk, rock, opera en visuele kuns. Baie dankie aan almal wat saam met ons die kunste in die strate van Stellenbosch gevier […]
Foto’s: Kunstenaarsweek-werkswinkels

Die kunstenaars het van 6 tot 9 April in werkswinkels hulle Flikker & Flash-opwipvertonings voorberei onder leiding van agt vooraanstaande fasiliteerders: die teatermakers Andrew Buckland, Gcina Mhlophe, Mmatumisang Motsisi, Sylvaine Strike en Jefferson Tshabalala, die danser-choreograwe Gregory Maqoma en Alfred Hinkel, en die digter en verhoogkunstenaar Jolyn Phillips. Die groepsessies is by die Hoër Meisieskool […]
Galery: Bier-uur

VIA se gewilde algemenekennisspeletjie Slim vang sy baas het weer ‘n draai by die fees gemaak met Beer Adriaanse en Arno Greef as die speletjiesmeesters. Geniet weer die happy hour van Bier-uur met Beer en Arno met dié galery op ons webwerf: BIER-UUR MET BEER ADRIAANSE & ARNO GREEFF
Galery: Dans

KARATARA Met: Shaun Oelf, Grant van Ster, Dean John Smith Baie inwoners verloor alles, party hulle lewe. Karatara is op die Knysna-ramp van 2018 geskoei toe ’n brand in die middel van die nag dele van die dorp in puin gelê het. Dié dans-drama vertel die verhaal van ’n gemeenskap se verlies aan familie, grond […]