Galery: EasyEquities Skrywersfees

VAN HIER TOT VER IN DIE WÊRELD – FIKSIE Aangebied deur Protea, Tafelberg  Hierdie land wys die hart van Suid- Afrika; Ver in die wêreld bekyk die lewe in die buiteland. Frederik de Jager het gesels met Valda Jansen, Julian Dewette, Cas Wepener, Gielie Hoffmann en Menán van Heerden oor hulle bydraes – die absurde, snaakse, […]

Galery: Fringe

ANGLO ANGST Met: Nichola Viviers, Mia van der Merwe, Jordyn Linklater, Thalia Alberts, Izette Blignaut, Vihann van Rooyen, Zoë-blu Mottram Shakespeare se Romeo & Juliet word Romeo en Johanna: Die Anglo-­ Boereoorlog-weergawe in dié mal musical van Estefan Coetzee, ’n nuwe regisseur op die toneel wat uitblink in eksperimentele teater. Maar met die laaste kleedrepetisie […]

Galery: Kinderfees

LIEWE HEKSIE VANG VIS Met: Margit Meyer-Rödenbeck, Deon van Zyl Die Liewe Heksie-span, wat twee jaar agtereenvolgens die Kanna vir beste kinderteater by die KKNK gewen het, is terug – met Levinia wat dié slag sukkel om die vis aan die besemstok te laat byt. Intussen raak koning Rosekrans se forelle ál minder – is […]

Galery: Klassieke musiek

BEETHOVEN STRING QUARTRETS Met: Suzanne Martens (eerste viool), Philip Martens (tweede viool), Karin Gaertner (altviool), Peter Martens (tjello) Vier van ons land se voorste strykers span saam in die Amici-strykkwartet, wat wyd beskou word as een van die beste kamermusiek-ensembles. Sedert die stigting van Amici in 2006 het hulle al opgetree by die prestigeryke Kaapstadse […]

Galery: Programbekendstelling 2023

Die 2023-program, wat in verskeie opsigte aan die bruising in die feestema, Borrel, gestalte gee, is Donderdagaand 22 Junie by ’n spesiale borrel (soos die Nederlanders ’n partytjie noem) op die Muratie-wynlandgoed met Tracey Lange as seremoniemeester bekendgestel.  Die program is op woordfees.co.za beskikbaar waar ’n PDF van die volledige feesgids ook in Afrikaans en Engels afgelaai kan word. Die […]

Galery: Savanna Komedie

ÎLE Met: Sophie Joans ’n Agtienjarige gaan soek haar familiewortels in Mauritius. Dit klink na pret, maar als is nie pluis nie. Gou begin sy in die donker verlede krap, en wat sy onthul, is ’n sluimerende vulkaan onder die paradys wat wag om te ontplof. Die stuk is in 2022 met die Gold Standard […]

Galery: Woordtrofees 2023

Die kunstenaars het geskitter onder die Bolandse sterre op ‘n heerlike, windstil someraand in die Oude Libertas-amfiteater waar die sonsondergang altyd ‘n belewenis is. Die SU Jazz Band het musiek gemaak. Nik Rabinowitz was die seremoniemeester en het gaste laat skater. Wyn, bier, borrels en drankies vir die feestelikheid is deur Heineken Beverages verskaf. Monarch […]

GOEIE NUUS VIR MATRIEKS EN TEATERVLOOIE

Twee dramas, wat vir Afrikaans Huistaal in graad 12 voorgeskryf word, is vanjaar spesiaal vir Woordfees TV verfilm: Adam Small se Krismis van Map Jacobs en Reza de Wet se Mis. Die feeskantoor word sedertdien oorval met navrae van skole en leerders wat graag na hierdie produksies wil kyk in voorbereiding op die naderende matriekeksamenvraestel […]

Groot oes van Fiësta-benoemings

Die benoemings vir die 11de kykNET Fiësta-toekennings is pas bekend gemaak. Debuutproduksies op die land se ses grootste vervaardigende Afrikaanse kunstefeeste – Toyota US Woordfees, KKNK, Suidoosterfees, Innibos, Vrystaatfees en Aardklop – kom in aanmerking vir dié gesogte pryse. In 2020 was die uitvoerende kunste onder geweldige druk weens die Covid-pandemie. Juis daarom sê Karen […]

Hoogtepunte van Woordfees TV 2022

Die feesprogram van Toyota US Woordfees TV 2022 is op 21 Junie gelyktydig op die Toyota US Woordfees Facebook-blad en DStv YouTube-kanaal bekend gestel. Spesifieke uitsaaitye en -datums sal eersdaags bekend gemaak word. Klik hier om na die bekendstellingsvideo te kyk. Klik hier vir die programhoogtepunte in PDF-formaat.

Nuwe Vensters-formaat ’n groot sukses

Vensters is ’n geliefde Stellenbosse tradisie. Dit is die jaarlikse hoogtepunt van die verwelkomingsprogram vir nuwe aankomelinge op kampus en word deur die koshuise en privaat studente-organisasies (PSO’s) van die Universiteit Stellenbosch georganiseer. Vir hierdie geleentheid kom koshuise en PSO’s saam in spanne en die eerstejaarstudente van elke gemeenskap skep ’n vertoning van ongeveer 15 […]