Agulhasvlakte

RESENSIE Jy groei tog waar jy geplant is Jo-Ann FlorisAgulhasvlakteJapie Krige-saal Milly en Amy en die vlakte en die grond. En die rus wat elders is, maar wat ’n mens altyd weer terugbring na waar jou voete die eerste keer grond geraak het. Dit is ’n bar landskap wat die gehoor begroet met ’n skimagtige […]

Die Moeder

RESENSIE Die eensame dans van ouerskap Marchelle van Zyl Die Moeder kykNET Hoërskool Stellenbosch Foto’s: Nardus Engelbrecht “Probeer dít nou in woorde uitdruk,” sê iemand vir my met betraande oë na afloop van die openingsproduksie van die debuutstuk Die Moeder op die Toyota US Woordfees.  Ja, wonder ek. Hoe verwoord ’n mens wat nou net […]

Die Suid-Afrikaners

RESENSIE Skokiaan eerder as soetwyn Jan-Jan Joubert Die Suid-Afrikaners Japie Krige-saal Foto’s: Jeremeo Le Cordeur Daar gaan uiteenlopende menings wees oor Die Suid-Afrikaners. Hierdie vertoning is nie onbesproke nie en gaan ook nie onbesproke bly nie. Baie gebeur. Dis ’n totale aanslag. Binne 90 baie vol minute. Die gehoor beleef baie: hetero- en homoseksuele omgang, […]

Île

RESENSIE Vulkaan van humor Jo-Ann FlorisÎleHMS Bloemhof-skoolsaalFoto’s: Nardus Engelbrecht Daar staan sy en lyk of botter nie in haar mond kan smelt nie. Dan maak sy haar mond oop en die spreekwoordelike vulkaan waarvan sy die gehoor ’n bietjie later gaan vertel, begin borrel en lawa van genot uitspoeg. Île in Mauritius is ’n idilliese […]

Kraal

RESENSIE ‘Kraal’ krap nie genoeg onder die vel nie Jo-Ann Floris Kraal Japie Krige-saal Foto’s: Nardus Engelbrecht Daar is ’n uitdrukking wat lui: “Die ligte is aan, maar daar is niemand by die huis nie.” Kraal is presies dit. En wat ’n gulde geleentheid is nie hier vermors nie. Die tema is ’n pynlike, emosionele […]

Maanmaats

RESENSIE Tieners se beste op die fees Jan-Jan JoubertmAaNmAaTsBloemhof-skoolsaal Foto’s: Nardus Engelbrecht Hierdie stuk van die Hoërskool Parel Vallei op Somerset-Wes is by die ATKV-tienertoneelkompetisie bekroon en is ongetwyfeld een van die heel beste produksies op die fees. Vergeet dat dit ’n skoolproduksie is. Dis in elk geval puik. Eintlik behoort dit ’n langer speelvak […]

Mutton Hour

RESENSIE Huiskonsert met stories en soet ribbetjies Marina GriebenowMutton HourUS Museum AnneksFoto’s: Nardus Engelbrecht Niemand kon onweerstaanbare geregte optower en beskryf soos Nettie Pikeur nie – en dít sonder prentjies. Mutton Hour met Cintaine Schutte en Wilhelm van der Walt in die rolverdeling kan weer nie doen sonder prentjies nie, maar die titel suggereer tog […]

Onder woorde

RESENSIE Daar’s klitsgras in die wolkombers Susan Booyens Onder woorde Drostdy-teater Foto: Pierre Rommelaere Dié produksie nooi jou om snoesig onder ’n warm woordkombers te kom lê, en die gehoor lyk inderdaad of hulle by tye salig op die wieke van lieflike musiek en digkuns wil wegdryf, maar daar is helaas ’n paar krapperighede in […]

Poem

RESENSIE Fluitspeler gee ‘Poem’ oemf Naudé van der Merwe Poem Endlersaal Foto’s: Stefan Els Musiek, dans en poësie is drie kunsvorme wat die potensiaal het om naatloos by mekaar te pas. In Poem is dié elemente soms uiters suksesvol saamgesnoer, ander kere was dit minder doeltreffend. Maar as ’n geheel was dit steeds ’n prysenswaardige […]