kykNET Fiësta-toekennings 2026: Toyota Stellenbosch Woordfees spog met meeste (47) benoemings

Die Toyota Stellenbosch Woordfees het die meeste benoemings by die 16de kykNET Fiësta-toekennings ontvang. Hartlik geluk aan al die genomineerdes, asook aan ons sustersfeeste. 

Breyten Breytenbach se eerste toneelstuk, Boklied, loop voor met 12 benoemings, insluitend Produksie van die jaar en Beste aanbieding. Onder die individule uitblinkers is Albert Pretorius met vier nominasies (insluitend Beste akteur) en die regisseur Nico Scheepers met drie (vir onder meer Beste regisseur). Dianne du Toit Albertze, die wenner van die Toyota Stellenbosch Woordfees se 2025 Reinet Nagtegaal-teksprys, se naam is in die hoed vir Beste nuutgeskepte Afrikaanse / Suid-Afrikaanse teks. Die kykNET Fiësta-toekennings word op 22 Maart by The Bay Hotel in Kampsbaai, Kaapstad oorhandig tydens ’n glansgeleentheid. 

Die Toyota Stellenbosch Woordfees het 47 benoemings in die volgende afdelings gekry:

BESTE AKTEUR

Albert Pretorius – Ek is nie Danie 

De Klerk Oelofse – Boklied

BESTE AKTRISE

Buhle Ngaba – Bridling  

Tinarie van Wyk Loots – Huis van sand  

BESTE VROULIKE BYSPELER

Hannah Borthwick – Boklied  

Nicole Holm – Moedswil en muitery 

René Cloete – Huis van sand  

BESTE MANLIKE BYSPELER

Albert Pretorius – Moedswil en muitery  

David Viviers – Boklied 

Jefferson Dirks-Korkee – Huis van sand 

Wian Taljaard – Boklied 

BESTE ENSEMBLE

Boklied 

Huis van sand  

‘Boklied’ het 12 benoemings ontvang. FOTO: Gys Loubser

BESTE VISUELE PRESTASIE

Lee-Ann van Rooi: Stelontwerp – Kompoun 

Marthinus Basson: Visuele ontwerp – Boklied 

Nico Scheepers: Stelontwerp – Ek is nie Danie 

Stefan Benade: Stelontwerp en rekwesiete – Huis van sand 

BESTE PRESTASIE IN BELIGTINGSONTWERP

Nico Scheepers – Ek is nie Danie 

Nicolaas de Jongh – Boklied 

Wolf Britz – Huis van sand  

BESTE PRESTASIES IN KLANK- EN MUSIEKONTWERP

Charl-Johan Lingenfelder: Klankontwerp – Huis van sand  

David Wolfswinkel: Klankontwerp – Boklied 

Schalk Joubert: Musiekontwerp – Ek is nie Danie  

BESTE PRESTASIE IN KINDER- EN JEUGTEATER

The Magic Fluit/Die towerfluit  

Angelo Bergh in ‘Kompoun’. FOTO: Gys Loubser

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN ’N BESTAANDE WERK

Danie Marais – Ek is nie Danie 

Jolyn Phillips – Kompoun 

Nadia Davids – Bridling 

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE/SUID-AFRIKAANSE TEKS

Dianne du Toit Albertze – Huis van sand  

Ingrid Winterbach – Moedswil en muitery  

BESTE VERTOLKING IN ’N KOMEDIE

Albert Pretorius – Moedswil en muitery  

BESTE PRESTASIE IN DANS/BEWEGING

Beyond: A Fantasy Cirque Experience 

BESTE PRESTASIE IN ’N SOLO-VERTONING

Stephanie Baartman – Hoort  

René Cloete en Kristen Raath in ‘Huis van sand’. FOTO: Jeremeo Le Cordeur

BESTE KONTEMPORÊRE MUSIEKVERTONING

Afrikaans is 100  

Zoid Psalms  

BESTE MUSIEKPRODUKSIE: PODIUM

Hoort  

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE: TEATER

Die siel van Eugène Marais  

Ek is nie Danie  

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK: VOKALE UITVOERING

Lynelle Kenned, Minette du Toit-Pearce, Janel Speelman, Timothy Moloi, William Berger en Corneil Muller – Afrikaans is 100 

BESTE NUWELING

Angelo Bergh – Kompoun 

Keagon Cochrane – Boklied  

BESTE REGIE

Marthinus Basson – Boklied  

Nico Scheepers – Ek is nie Danie  

Wolf Britz – Huis van sand  

BESTE AANBIEDING

Boklied  

Ek is nie Danie  

PRODUKSIE VAN DIE JAAR

Boklied  

Ek is nie Danie  

Albert Pretorius in ‘Ek is nie Danie’. FOTO: Pierre Rommelaere

Klik hier vir die volledige benoemingslys. 

Facebook
Twitter
LinkedIn