toyota musiekfees

’n Sak–pas-fees vir studente

Dis amptelik lente in die Boland, en oor minder as twee maande is dit weer tyd vir die 25ste Toyota Stellenbosch Woordfees. Daar is byna 400 items op die program, van musiek en teater tot open mics en meer. Maar moenie dat dit jou afskrik nie. Die Woordfeesspan het spesiaal ’n aantal shows uitgekies om die smaak en sakke van studente te pas. Met vanjaar se feestema word jy genooi om Deel te neem en Deel te wees van die ervaring – 11 tot 19 Oktober in die Eikestad. Vir studente-afslag en gelukkige trekkings, kom maak ’n draai by die Rooiplein in Stellenbosch op 17 September tussen 9:00 tot 14:00.

Toyota Musiekfees

Opelugkonserte by die Jan Marais-natuurreservaat

      Knus en intiem by The Daisy Jones Bar

        jazz at the konserve

        Jazz at the Konserve

        Dit sal niemand verbaas dat die alombekende Universiteitskoor Stellenbosch (US Koor) se vertonings blitsig uitverkoop het nie. Maar jy kan steeds jou mede-Maties ondersteun en toeskou in die Jazz at the Konserve-reeks, wat in samewerking met die US Department Musiek aangebied word. Ramon Alexander en Vicky Davis is die samestellers.

        Lede van die Maties Jazz Society skop dié konsertreeks af ter viering van die kontemporêre klanke van die Kaap en die ryk tradisie van Suid-Afrikaanse jazz. Bring jou instrument saam om na afloop van die konserte aan ’n jam-sessie saam met die kunstenaars deel te neem. Studente kry afslag. ’n Kroeg is beskikbaar. 

        Afterpaartie

        Kom kuier elke aand om 22:00 by die Afterpaartie – bring jou instrument of maak ’n draai op die verhoog vir ’n laatnag-geleentheid met van Suid-Afrika se voorste blues-, rock- en jazzkunstenaars. | 13 tot 17 OKT | GRATIS | Lees meer

        velddraf

        Leefstyl in die Lentelug

        • Velddraf met woorde | Hardloop of stap met ’n unieke Afrikaanse woord as registrasienommer. | 5 km & 10 km | 12 OKT | Koop kaartjies | Lees meer
        • VIA: Bier-uur met Arno | 13 OKT | GRATIS | Lees meer
        • VIA: Bier-uur met Beer | 14-16 OKT | GRATIS | Lees meer
        • Dagbreek-straatmyl | 15 OKT | Koop kaartjies
        • Trek Lager! met vasvra en bier | 17 OKT | Koop kaartjies
        • Wynproe met VIA | 17 OKT | GRATIS | Lees meer

        Saampraat kos niks

        Studentediskoers by die US Konservatorium-amfiteater
        Aangebied deur die US | GRATIS

        • Hoe deel ons die kampus? | 14 OKT | Lees meer
        • Hoe deel ons in mekaar se lekkerkry en swaarkry? | 15 OKT | Lees meer
        • Hoe lyk die lewe ná jou graad? | 16 OKT | Lees meer

        EasyEquities finansiële gespreksreeks | GRATIS

          • The Art of Collecting | 14 OKT | Lees meer
          • Ek sou kon doen met ’n miljoen
            • Beleggings: Hoe word ek geld se baas? | 14 OKT | Lees meer
            • Kripto: ’n Piramideskema of die nuwe monetêre stelsel? | 15 OKT | Lees meer
            • Alternatiewe beleggings: Wat werk buite die boks? | 16 OKT | Lees meer

          Science Café by die US Konservatorium-amfiteater
          ’n GRATIS inisiatief van die US se fakulteit natuurwetenskappe wat openbare gesprekke oor wetenskapskwessies aanmoedig. 

          • Kwantumsatelliete: SA en China vat hande | 14 OKT | Lees meer
          • Van die pil tot menopouse: ’n Koorddans tussen gesondheid en risiko | 15 OKT | Lees meer
          • Waarom bestudeer ons ruimterotse? | 16 OKT | Lees meer

          Naggesprekke: Driftig in die donker

          Sluit die feesdag af met ’n loopdop en stimulerende gesprek onder leiding van Kabous Meiring. Kom vroeg vir Open Mic en bly laat vir die Afterpaartie. | 13 tot 17 OKT | GRATIS | Lees meer

          Meer gesprekke

          • Filosofiekafee

          Filosowe, woordsmede en wysgere span woorde in om mekaar om die bos te lei, spek te skiet of ekonomies met die waarheid om te gaan. Bestel iets te ete vanaf 18:00. | 13 OKT | Ondersteun deur die US | Koop kaartjies

          • Praating oor boeke

          Met: Peach van Pletzen, Jaco van der Merwe, Beer Adriaanse en Veronique Jephtas. | 11 OKT | Koop kaartjies

          • Prins: ’n Block party

          Die bekroonde digter Ryan Pedro se tweede digbundel is ’n ervaring waarin toxic masculinity toutrek met intense vulnerability, waar porn stars, rap gods en karakters uit video games ’n huis deel met Jean-Michel Basquiat en Yukio Mishima. Jy word genooi na ’n saamtrek vir like-minded mense waar Ryan sy poems gaan lees en daar beats en bier sal wees. | 11 OKT | Koop kaartjies

          spier toneel

          Spier Toneel: Lag én traan

          ’n Fees vir die oog: Visuele kuns

          US Museum-uitstallings: Stellenbosch-triennale: From the vault | 11-19 OKT | GRATIS | Lees meer

          Vind die volle program by woordfees.co.za. Kaartjies is by quicket.co.za te koop. Ons sien jou van 11 tot 19 Oktober vir nog ’n heerlike lentefees!

          Facebook
          Twitter
          LinkedIn