Veels geluk aan die kortverhaalwenners

Vier-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, en vanjaar is dit dus Borrel. Die algehele wenner sal by die bundelbekendstelling gedurende die 2023-fees aangekondig word en wen R30 000 met die komplimente van EasyEquities, wat sedert […]
Wees bly – vir Bly Vrydag

Die Toyota US Woordfees bied op Bly Vrydag, 29 Septemer 2023, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal teen slegs R40 een verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag […]
Wees bly – vir Bly Vrydag

Die Toyota Stellenbosch Woordfees bied op Bly Vrydag, 30 Augustus 2024, meer as ’n 1 000 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20%-80% aan. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal teen slegs R40 elk verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van die dag […]
Wees bly – vir Bly Vrydag

Die Toyota Stellenbosch Woordfees bied op Bly Vrydag, 26 September 2025, meer as 1 700 kaartjies vir vanjaar se fees teen afslag van 20- tot 80% aan. Alle kaartjies wat op die Bly Vrydag-uitverkoping beskikbaar is, sal teen slegs R50 per kaartjie verkoop word. Verskeie gelukkige trekkings en kompetisies sal ook deur die loop van […]
Wen R10 000 vir ’n radiodrama van 10 minute – in Afrikaans, Engels of isiXhosa

Die eerste Klaskamer Radiodramakompetisie is op soek na werk wat sal aanklank vind by leerders tussen 13 en 16 jaar en geskik is vir gebruik in die klaskamer. Daar is geen voorgeskrewe tema nie, maar die radiodrama moenie langer as 10 minute wees nie. Die kompetisie is oop vir alle Suid-Afrikaanse skrywers en radiodramas kan […]
Wenner van 2024 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

Emile Joubert is as algehele wenner van die 2024 Woordfeeskortverhaalkompetsie bekroon by die bekendstelling van die bundel in die Eikestad op 28 September. Emile, wat al voorheen in die bundel opgeneem is, wen R30 000 met die komplimente van EasyEquities vir sy plattelandse droomverhaal “Die berghaan het sy seer laat val”. In nege jaar het […]
Wenner van die 2025 Woordfees-kortverhaalkompetisie bekend

Met Herschelle Benjamin as gasheer in die Hofmeyrsaal in Stellenbosch wat stampvol was van skrywers en literatuurliefhebbers is Tarina Jordaan Saterdagaand uit 371 inskrywings aangewys as wenner van die Stellenbosch Woordfees se tiende jaarlikse kortverhaalkompetisie. Jordaan kry altesaam R30 000 met die komplimente van EasyEquities, en elke skrywer wat in die bundel opgeneem word ontvang […]
Wenner van die kortverhaal-kompetisie

Die Woordfees vier vanjaar sy 21ste verjaardag en die feestema is “Aanhou beweeg en geraas maak”. Dié tema is geneem uit die Jan Rabie-kortverhaal “Ek het jou gemaak” uit die bundel 21. Vanjaar se Woordfeesbundel, met die titel Aanhou beweeg en geraas maak, is op 6 Maart by die Toyota US Woordfees in Stellenbosch bekend gestel en by […]
Wenners van die eerste Klaskamer Radiodramakompetisie

Die eerste Klaskamer Radiodramakompetisie is in vennootskap deur die WKOD, RSG en die US Woordfees aangebied. Skrywers landwyd is genooi om werk in Afrikaans, Engels en isiXhosa in te stuur wat aanklank sal vind by leerders tussen 13 en 16 jaar en geskik is vir gebruik in die klaskamer. Daar was geen voorgeskrewe tema nie, […]
Woordfees 2024: Aansoeke ingewag

Dis heerlike lente én Woordfees vanaf 28 September tot 6 Oktober. Die feesorganiseerders is saam met feesgangers opgewonde om die datums vir die fees bekend te maak en nog ’n jaar van uitsonderlike aansoeke van kunstenaars in te wag. Volgens Saartjie Botha, Woordfees-direkteur, was die aanbod van werke op 2023 se fees van hoogstaande gehalte. […]
Woordfees TV nou tot 10 Oktober

Op grond van die groot aanvraag na herhalings van programme wat sedert 1 Oktober op Woordfees TV uitgesaai is, het DStv besluit om dié opwipkanaal drie dae langer op die lug te hou. Die 2021 Toyota US Woordfees sou landwyd en in Namibië van 1 tot 7 Oktober 2021 op DStv-kanaal 150 en GOtv-kanaal 15 […]
WOORDFEES-ZINE 2026 – stuur jou voorlegging vir: HI-FI

Die Toyota Stellenbosch Woordfees-zine vir 2026 se titel is HI-FI, en ons is reg om die tyd terug te draai en die volume op! Ons soek hoë-trou waarhede, lo-fi estetika, analoog-nostalgie, statiese witruis en die deep cuts uit jou kreatiewe brein. Hierdie jaar se fees-tema (Dis hoog tyd / It’s about time) het ’n dringendheid […]