Visuele kuns

Aanlyn Kunsveiling 6 Okt tot 21 Okt 14:00
Veiling open 17:00 op 6 Okt

Woordfeesveiling

Die vierde jaarlikse Toyota Stellenbosch Woordfeeskunsveiling en -uitstalling word weer aangebied in samewerking met Strauss & Co. Vanjaar is die kurators die bekroonde Heinrich Groenewald en Shona van der Merwe. Die geskeduleerde aanlynveiling sluit werke in van gevestigde én opkomende kunstenaars, onder andere die feeskunstenaars, Ben Stanwix en Xhanti Zwelendaba, die Kaapstadse saamwerkduo wat as beste opkomende kunstenaars aangewys is by die eerste Investec Cape Town Art Fair.

Hoe werk die veiling?

Die veiling duur vanaf 6 Oktober tot 21 Oktober 14:00. Jy kan gedurende hierdie tydperk op enige item op die veiling bie. 

Aankope kan slegs aanlyn op Strauss & Co se webwerf of via hul mobiele toepassing gemaak word. Vermy die moontlikheid dat iemand jou gaan uitstof deur ten minste ’n uur voor die sluitingstyd jou item te monitor en die geleentheid gebruik om weer te bie. Jy kan die items waarop jy gebie het, monitor deur die “Auction Favourites” knoppie onder “My Account” te klik.

As daar binne vyf minute voor ’n item se geskeduleerde sluitingstyd bodaktiwiteit is, sal daar ’n vyf minuut verlengingstydperk by daardie item gevoeg word totdat slegs een bieër oorbly. Hierdie verlengings sal onbepaald voortduur totdat daar geen bodaktiwiteit vir ‘n tydperk van vyf minute is nie, wat impliseer dat daar geen verdere belangstelling is nie.

Alle voornemende bieërs moet aanlyn registreer al het jy vantevore aan ’n Strauss & Co-veiling deelgeneem. 

Vir meer inligting besoek straussart.co.za

Lees meer

Onder R10 000

Onder R30 000

Bo R30 000

Rondleidings

Kom loer saam met Heinrich Groenewald en Shona van der Merwe van Reservoir na ’n voorskou van die Toyota Stellenbosch Woordfees se kunsveiling. ’n Uiteenlopende versameling kunswerke deur opkomende én gevestigde kunstenaars sal te sien en te koop wees.

14 tot 16 OKT 15:00 | 
60 min | Stadsaal
Gratis

Uitstalling:

28 SEPT tot 6 OKT 10:00-18:00

Kurator: Teresa Lizamore

Teresa Lizamore van Strauss & Co is vir die tweede agtereenvolgende jaar die kurator van die Toyota Stellenbosch Woordfees se Stadsaal-uitstalling en -veiling. Hierdie jaar bring sy meer as 100 nuwe kunstenaars se werk en ’n paar bekendes om die Woordfees se Speel-tema te vier.

“Ons neem die definisie van die woord ’Speel’ (deelneem aan aktiwiteite vir genot en ontspanning) in Engels en speel met die woord se homoniem ‘play’ (teaterproduksie, bedoel vir ’n gehoor) vir die konsep van ons uitstalling. Dit is relevant vir die Woordfees aangesien teaterproduksies die hart en siel van die fees is.

“Die uitstalling sal afsonderlike kategorieë binne teater hê vir kunstenaars om mee te speel – Teater van komedie, drama, rillers, romantiek, fantasie, woordkuns en Teater van die Ander.

“As die kurator hoop ek die uitstalling bied ’n speelse en kreatiewe kykervaring wat die talente van Suid-Afrikaanse kunstenaars vier en die aandag sal vestig op die kunste in ’n groter konteks,” sê Teresa.

Die ‘Speel’-uitstalling sal bekendgestel word deur die bekende kunstenaar, Dr. Karin Preller, wie se solo-uitstalling Alles in foto’s in die voorportaal van die Stadsaal te sien sal wees.

Lees meer
A night at the theater (2024). Oil on canvas, 83 x 83 cm
Baasspioen Don le Meer (2024). Oil on canvas, 50 x 60 cm
People won't listen (2024). Oil on canvas, 60 x 50 cm

Karin Preller

Karin Preller se kunswerke is nie op veiling nie, maar te koop by die uitstalling in die Stadsaal.

“Alles in foto's”

Preller se werk speel met die feestema in verskillende gedaantes. Afgesien van skilderye wat verwys na die magiese wêreld van die teater en gehore van toentertyd, kom Preller se bronmateriaal uit gevonde beelde uit ikoniese Suid-Afrikaanse fotoboeke (1950’s-1970’s), poskaarte en reisbrosjures uit Suid-Afrika se verlede. Die skilderye beklemtoon die melodrama, teatraalheid en eiesoortige humor van die fotostories se houterige rame. Pulp fiksie, nou noukeurig in verf weergegee, herleef as aangrypende, humoristiese en dikwels ontstellende kommentare op Suid-Afrika se verlede en op die hedendaagse samelewing.

Lees meer
Karin Preller Biografie

Karin Preller woon en werk in Johannesburg. Sy het ‘n B.A. (skone kunste) (cum laude) aan Unisa verwerf, ’n M.A. (skone kunste) (cum laude) aan Wits en het pas haar Ph.D. in kuns en ontwerp aan UJ voltooi.

Solo-uitstallings sluit in Family Album by ABSA-galery (2001); Snapshots by Gordart-galery (2007); Aperture by Fried Contemporary (2008); Stills by Artspace (2009); City and Suburban by die Standard Bank-galery (2010); Just above the mantelpiece by Artspace (2013); Stilled lives by Lizamore and Associates (2015); Almost no memory by Lizamore and Associates (2020); en Beyond memory by die 2022 KKNK. Sy is by die 2022 KKNK met ’n Kanna-toekenning vereer en is genomineer vir ’n kykNET Fiësta in 2023. Haar werke is opgeneem in die versamelings van die Johannesburgse-kunsgalery, UNISA, ABSA, SASOL, Die Openbare Beskermer, Die Pretoria-kunsmuseum en Oliewenhuis-kunsmuseum.

Lees meer
A Case of Stare - and Staircases (2023, a detail)
Face Pull Her (2024) Glazed ceramic & mixed media 37x26x5cm
After Ours (2024) Oil & mixed media on canvas board 30x30cm
Feeskunstenaar

Xhanti Zwelendaba en Benjamin Stanwix

Xhanti Zwelendaba en Benjamin Stanwix het ’n samewerkende kunsduo waarin hulle grond, die landskap en die geskiedenis van Suid-Afrika as ’n gedeelde belangstelling ondersoek.

Deur werk te skep vanuit hul eie ervarings en ook hul begrip van die nalatenskap van kolonialisme en apartheid, verwys hul samewerking dikwels na teenstrydige uitbeeldings van die verlede as ’n manier om sin te maak van ons individuele en gesamentlike hede. Hul praktyk volg ’n multidissiplinêre benadering wat installasie, beeldhouwerk, tekstiel- en tapytwerk, drukwerk en video insluit.

Die kunstenaars het ontmoet toe hulle in 2017 saam gestudeer het aan die Universiteit van Kaapstad se Michaelis Skool vir Beeldende Kunste. In 2025 het hul monumentale tapyt Thaba Nchu (2025) aan die duo Investec se prys vir die beste opkomende kunstenaar besorg.

Lees meer

Gesprek met Marlene Steyn

2 OKT 14:30 | US Museum-anneks| Gratis


Marlene Steyn uitstalling

28 SEPT tot 6 OKT 09:00-18:00 | US Museum

Breath Of Gaia: Exhibition And Fashion Show

4 OKT 15:00 | Oude Leeskamer

Klik hier vir meer inligting vir die 2024-visuele kuns program