Galery: Universiteit Stellenbosch by Toyota Stellenbosch Woordfees 2026

Studentediskoers

By vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees het studente vir ’n week lank saam gedink en gesels oor aktuele vraagstukke wat hulle raak. Met gesprekke soos “Dink vir jouself”, “KI praat almal se taal én niemand s’n” en “Kyk my in die oë” is uiteenlopende perspektiewe gedeel en uitdagende vrae gestel oor menswees, menseverhoudings en tegnologie.

Fotograaf: Stefan Els

Filosofiekafee

Filosofie is allesbehalwe saai en stowwerig. By die Filosofiekafee word diep denkers en ratse redeneerders vir een aand die Daisy Jones Bar se rocksterre.

Fotograaf: Stefan Els

Ongehoord

Wydlopend en veelvlakkig, nuuskierig en krities: die gesprekke wat deel vorm van die Ongehoord-reeks sorg altyd vir stof tot nadenke en boeiende debat.

Fotograaf: Stefan Els

Science Café

Wetenskap was pret, prakties en selfs ’n bietjie sexy by die drie sessies van Science Café, waar daar vanjaar oor alles van lasers tot presisiegeneeskunde en mikrobiome. 

Fotograaf: Stefan Els

Sanlam WOW Spelfees 2026

Meer as 500 leerders van reg oor Suid-Afrika het aan die 17de Sanlam WOW Spelfees se nasionale eindronde deelgeneem. Dit was ’n viering van taal, leer en trots. Dit is die grootste spelfees in die land en word deur die US se Woorde Open Wêrelde-inisiatief (WOW) aangebied om jong leerders en opvoeders deur taal te bemagtig.

Vind hier uit wie die wenners is en lees hier meer oor WOW.

Fotograaf: Adrian Pietersen

Facebook
Twitter
LinkedIn