By die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees was boeke weer bo. Die EasyEquities Skrywersfees het boekmense, boekskrywers en boekwurms saamgebring vir inspirerende skrywersgesprekke, boekbekendstellings, digkuns en meer.
Vanjaar se feesdigter, Tom Dreyer, se woorde het vlerke gekry, en poësie met vierpotige vriende by Pote en poëte het ’n beste maat vir feesgangers gebied het. Dankie aan Stellenbosch Animal Welfare Society vir die aanbieding van hierdie inisiatief. Die uiteenlopende program was vol vars perspektiewe, boeiende stories en ’n waardering vir die geskrewe woord.
Blaai deur vanjaar se literêre hoogtepunte by die Toyota Stellenbosch Woordfees – ’n plek waar stories saambring en woorde na waarde geskat word.
Fotograwe: Connor Leech, Ivan du Plooy, Pierre Rommelaere, Natalie Gabriels en Stefan Els.




