Die RSG/ATKV-vierkant was weer eens ’n kultuurryke kuierplek en ’n polspunt van die 26ste Toyota Stellenbosch Woordfees. Klein boekwurms kon daagliks storietyd met Lalla Lees geniet en kultuurskatte soos Jak de Priester, Anna Davel en Joshua na die Reën het feesgangers in vervoerving gehad met hulle stemme. Die nasionale uitsaaier RSG het ook in lewende lywe vanaf dié vierkant gewilde programme versend, soos Op en wakker, Spektrum, Kommentaar, Driesestig, Naweekaktueel en RSG-landbou.
Fotograwe: Natalie Gabriels, Stefan Els, Golda Simmers




