’n Dubbeldosis kortkuns

Aangebied deur Protea Boekhuis, Turksvy Publikasies Anna-Bet Stemmeten Frederick Botha gesels oor die kontraste van die menslike ervaring soos hulle dit uitdruk in hul kortkuns. Stemmet se Goed wat gebeur het met mense op plekke is ’n emosionele palate cleanser wat die skoonheid en absurditeit van die alledaagse vier. Botha se Seuns weetverken seksualiteit, geloof, […]
’n Laventel-ervaring

Kom beleef Canettevallei se laventellanderye in volle blom! Die laventelboer Ingrid de Waal vertel meer oor laventelsoorte, laventelprodukte en die helende waarde daarvan. Na afloop van die praatjie demonstreer sy hoe om jou eie bossie laventel te pluk en te laat hou. Tydens dié sensoriese en terapeutiese ondervinding wat jou in Moeder Natuur anker, sal […]
’n Lewende tafel

Art Mile Tafellandskap-ervaring Die Stellenbosch-kunsmyl nooi jou om jou plek in te neem by iets werklik besonders: die voltooiing van ’n kollektiewe kunswerk op ’n tafeldoek van 50 meter. Met seisoenale blominstallasies wat gaan dien as inspirasie in kleur, tekstuur en vorm, asook professionele kunstenaars wat sal help en begelei, word deelnemers genooi om saam […]
’n Middel

DEBUUT Met Tinarie van Wyk Loots, Stian Bam ’n Middel is ’n rou, intieme blik op ’n paartjie vasgevang tussen wat was en wat nooit geword het nie. Ná jare saam begin die stilte harder praat as die woorde: onvervulde begeertes, gemiste kanse, liefde wat gelyktydig bestaan en verbrokkel. In ’n enkele ruimte ontvou ’n […]
//Gam’i Di Oms (Water se tuiste)

Met Lana Cavernelis, Carlo Randall en ander By hierdie intieme kruietee-ervaring vloei stories, geur en inheemse kennis ineen. Kom ontdek hoe water en plante mekaar ontmoet om genesing, smaak en herinnering te bring. Deur middel van stories en proe word jy bekend gestel aan die wêreld van inheemse kruie en medisyne, en hoe dié plante […]
#pjokunsspore26

Die P.J. Olivier-kunssentrum bied jaarliks ‘n straatkunskompetisie vir gr. 11-leerlinge aan, en vanjaar vier hulle hul 10de jaar van straatkunstentoonstellings. Die werk van vanjaar se finaliste sal ten toon gestel word op die staproete wat bekend staan as #PJOkunsspore26. Dit begin by die Kunssentrum in Blomstraat en kronkel deur die dorp. Kaarte vir die staproete […]
A Dancer’s Rebellion

Jackï Job is ’n danser, choreograaf, teatermaker, regisseur, vervaardiger en akademikus aan die Universiteit van Kaapstad. Sedert 1994 het sy al meer as 80 werke geskep en internasionaal saamgewerk oor Afrika, Asië, Europa en die VSA. Sy is dié Afrika-pionier van die Japannese dansteatervorm bekend as Butoh. Gillian Mitchell sal met Job gesels oor haar […]
A Family of Voices

2026 Met André van der Merwe, Grace Bagula, Jordan Cridland, Talyah Greyling, Alungile Mto, Lambert Tuyishime In Julie 2025 het die US Koor na Aarhus, Denemarke, getoer om aan die Interkultur Europese Koorspele en die Grand Prix of Nations deel te neem. Dié reis het nie net oor koormusiek gegaan het nie, maar ook lewensveranderende […]
A Girl Called Owl

Met Larissa Crafford-Lazarus Olivia trek na ’n dorpie in die Overberg waar haar stil nuuskierigheid die aandag trek van ’n ondeunde vriendin: Kay, die meisie met die litteken, wat vir haar die bynaam Owl gee. Olivia se geneigdheid om altyd die rebel te volg, lei tot onbekende terreine en gebeure wat die lewenskoers van ’n […]
A Nick Cave Affair

Met James Smith(klavier en sang), Anjulie Nock (tjello), Jake Gunn (klavier en sang), Andra (gaskunstenaar) Conrad Jamneck se huldeblyk aan Nick Cave, sanger van The Bad Seeds, laat ‘n mens nie net luister nie, maar ook voel. In plaas van ‘n blote weergawe van Cave se musiek word die liedjies herinterpreteer – rou, intens en […]
A Poet’s Song

Met Janel Speelman, Esthea Kruger(klavier) In dié aanbieding word die emosionele spektrum ondersoek wat in die kunsliedgenre vasgevang word. Die verband tussen poësie en musiek word ook beklemtoon. Sodoende word die kreatiewe verhouding tussen komponis en digter volledig ondersoek: Mahler en Rückert, Debussy en Verlaine, Calvocoressi en Ravel.
A Woman Alone

Met Kim Engelbrecht Dié eenvroustuk wat in 1977 die eerste keer opgevoer is, is ’n kragtige en diepsinnige monoloog wat die lewe van ’n huisvrou ondersoek en temas van onderdrukking, bevryding en sosiale kommentaar aanraak. Deur elemente van satire, klug en drama te kombineer, en met die gebruik van humor, ironie en emosionele intensiteit, vertel […]