Silwerskermfees-kortfilms: Rooi van aard

Met: Niël Coetzee, Anel Alexander, Anthea Pokroy, G.P. van Rheede van Oudtshoorn, Heidi Coetzee, Maude Sandham, Soné Roos, Tielman Roos Niël se rooi hare is sedert sy kinderdae vir hom ’n bron van verleentheid. Hy laat daarom die stil, bekende wêreld van L’Agulhas agter en pak ’n reis na Gauteng aan op soek na ander […]
Silwerskermfees-kortfilms: Short back & sides

Met: Ruan Wessels, Heléne Lombard, Megan Vorster Freek is ’n sosiaal ongemaklike jong man wat hom van die wêreld afgesluit het. Hy skuil agter sinisme en ’n stil woede, wat hy van sy emosioneel onstabiele pa geërf het. Ná ’n groot uitval met sy beste vriendin beland hy in ’n warm, verwelkomende haarsalon – ver […]
Silwerskermfees-kortfilms: Trilstraat

Met: Cintaine Schutte, Ludwig Binge Op pad na hul motor na ’n aand van opwindende lewensbesluite, word ’n egpaar onkant betrap en lei hul uiteenlopende reaksies tot nuwe ontnugterings oor mekaar. Hulle moet nie net hul weg huis toe vind deur die donker strate van Observatory nie, maar ook ’n manier terug na mekaar toe. […]
Silwerskermfees-kortfilms: Twee persent

Met: Michelle le Roux, Albert Pretorius, Susanne Beyers In die stil, fiktiewe buurt van Suville leef Charlotte Grunewald volgens ’n streng roetine in haar perfek georganiseerde huis met haar kat, Constantine, aan haar sy. Alles het ’n plek. Alles maak sin. Nie eers haar laktose-intoleransie is ’n probleem nie. Maar dan daag die nuwe melkman […]
Silwerskermfees-kortfilms: Verwerking

Met: Jaques de Silva, Bianca Flanders, Stian Bam ’n Draaiboekskrywer stoei met ’n toneel wat om geslagsgebaseerde geweld draai. Terwyl hy koorsig by sy lessenaar sit en tik, begin die woorde die werklikheid om hom vervorm. Die woord “Ma” op die bladsy, laat ‘n vrou in die vertrek verskyn; die woord “Pa”, ’n man om […]
Silwerskermfees-kortfilms: Wag ‘n bietjie

Met: Danny Ross, Germandt Geldenhuys, Elzabé Zietsman, Alicia Van Emmenes, Zethu Mphahlele, Lebogang Mphahlele Lionel is ‘n professionele ry-wagter – hy sit sodat jy nie hoef nie: Binnelandse Sake, die lisensiekantoor, noem dit en hy is daar. Dis ’n lewe, al voel dit nie altyd so nie. Toe ’n vreemdeling hom aanstel om by sy […]
Silwerskermfees-kortfilms: Yaadt queen

Met: Chanté Grainger, Kim Syster, Alvaune- Lee Lewis Op die Kaapse Vlakte verrys drome uit die as op elke straathoek op die maat van die musiek wat deur elke straat pomp. Keisha lei ’n dubbellewe: Bedags is sy stil en eensaam onder haar ma se valkoog; snags is sy ’n DJ en opkomende ster in […]
Simply More Zola

Aangebied deur Penguin Random House Van jou TV-skerm tot die Woordfees-demonstrasiekombuis: Zola Nene, MasterChef SA-beoordelaar en skrywer van vier kookboeke, maak resepte uit haar nuutste boek, Simply More Zola. Nene is bekend vir kos wat soos tuiskoms voel – vrygewig, toeganklik en fyn afgerond. In hierdie intieme demonstrasie met slegs 40 gaste gaan sy kook, […]
Skanse

DEBUUT Met Dawid Minnaar, Edrien Erasmus, Deon Lotz, Marisa Drummond, Rushney Ferguson Skanse is ’n nuwe drama deur die Hertzogprys-bekroonde dramaturg Deon Opperman. Wanneer Daniël ná sewe jaar as digitale nomade onverwags aan sy broer Simon se deur klop, breek hy meer as net die alarm-beam. Tussen lamsboud en chardonnay, omring deur mure en kameras […]
Skrywers oor skrywers: Die bloedhonde

Aangebied deur Tafelberg, Jonathan Ball Die joernalis en skrywer Julian Jansen het al verskeie stories oor gruwelike gebeure geskryf. Sy jongste boek fokus op die stasiemoordenaar wat die Kaapse Vlakte in die 1980’s en 1990’s geterroriseer het. Nicole Engelbrecht is die aanbieder van True Crime South Africa, Suid-Afrika se gewildste waremisdaad-poduitsending. In Klipkoud skryf sy […]
Skrywersgesprekke: Graad 8-10

Ondersteun deur Jonathan Ball Kom luister saam wanneer die bekroonde skrywer François Bloemhof met leerlinge gesels oor sy nuutste werk, Een keer om die son, en die spanningsvolle riller-omnibus. In ’n onderhoud, wat gelei word deur Heléne de Clercqvan Jonathan Ball, deel hy insigte oor sy skryfproses en inspirasie. Daarna gesels Celeste Loriston oor Staan […]
Skrywersgesprekke: Graad 4-7

Ondersteun deur Jonathan Ball-uitgewers Kom ontmoet die kreatiewe span agter BobBob, die robo-meerkat, wanneer Bernard de Jager, illustreerder, en Heléne de Clercq, medeskrywer, leerlinge op ’n speelse reis van stories en prente neem. Hulle wys hoe idees ontwikkel van verbeelding tot boek, en hoe woorde en illustrasies saamwerk om stories tot lewe te bring. Daarna […]