Shades of Blue

Met Liesl Stoltz(dwarsfluit), Dylan Tabisher (marimba),David Cyster(klarinet),Roxanne Steffen(kontrabas),Elna van der Merwe (klavier) Shades of Blue neem die gehoor op ’n kleurryke musikale reis waar klassieke finesse en jazzinvloede ontmoet. Die program sluit in twee energieke werke vir fluit en jazz-trio deur Claude Bolling en Mike Mower. Die kragtige virtuose marimbakonsert van Emmanuel Séjourné word aangevul […]

Showcase: InNoSense

InNoSense is ’n versameling kort doku-fiksiefilms wat die absurde, geheimsinnige en teer kant van die dood, eensaamheid, betekenis en vryheid binne ’n Suid-Afrikaanse konteks ondersoek. Vir die Toyota Stellenbosch Woordfees Filmfees word InNoSense uitgebrei tot ’n filmprogram waarin verskillende Suid-Afrikaanse filmmakers nuwe kortfilms rondom hierdie vier temas ontwikkel. Die films beweeg tussen dokumentêr en fiksie, […]

Silas en die ysbeer op Tafelberg

Silas en die ysbeer op Tafelberg is ’n pragtige prenteboek deur Zandré Coetzer en Annie Klopper met illustrasies deur die befaamde Studio Muti. Dit is gegrond op die gelyknamige rolprent wat einde Oktober uitgereik word en wat gedeeltelik gaan oor hoe kinders groot verliese soos die dood verstaan en verwerk. Kom luister hoe die akteur […]

Silwerskermfees-kortfilms

Die kykNET Silwerskermfees is ’n gesogte en volwaardige Suid-Afrikaanse en Afrikaanse filmfees wat al meer as ’n dekade lank die plaaslike filmbedryf ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Terwyl ’n aantal vollengte speelfims van gesoute filmmakers hul wêrelddebuut of Suid-Afrikaanse buiging by dié prestige-geleentheid maak, is die fees ook ’n toonvenster vir ontluikende talent: ’n Rits kortflieks […]

Silwerskermfees-kortfilms: ‘n Poppy op die heuwel

Met: Lauren Joseph, Marunzo Thomas, Charlene le Roux and Maurice Carpede Wanneer hul geliefde ouma Poppy sterf, keer Laila en haar broer, Josh, terug na die Namakwalandse plaas waar hulle die grootste deel van hul lewe deurgebring het. Vir Laila is een ding seker: Poppy moet langs haar ouers begrawe word in die grond waarop […]

Silwerskermfees-kortfilms: As ek kon kies

Met: Beata Bena, Anoecha Kruger, Josh Riley, Andahr Cotton, Ephraim Gordon, Sherman Pharo  Kyleigh vier haar verlowing gedurende ’n kerkdiens as ’n bevestiging van die lewe wat sy gekies het: een van geloof, familie en gemeenskap. Maar wanneer Lara, ’n vrou wat sy eens liefgehad het, stilletjies by die kerk inloop, verander die stemming van […]

Silwerskermfees-kortfilms: Change

Met: Brendon Daniels, Laudo Liebenberg Kaapstad. 2025. Ruan, ’n besturende direkteur van ’n groot korporasie, besef die nuwe kontantlose beleid wat hul moedermaatskappy vanuit Brittanje afdwing, is ’n hinderlaag. Ruan probeer om die onvermydelike te verhoed. Sy stroomopstryd word uit die oogpunt van ’n tweerand-muntstuk gewys, wat gelyk ook ’n blik in die lewens van […]

Silwerskermfees-kortfilms: Die gees agter die spiere

Met: Dr Henning Gericke, Leon Schuster, Os du Randt, Cameron van der Burgh, Hennelie Gericke Die gees agter die spiere kyk na die werk van dr. Henning Gericke – ’n baie invloedryke sportsielkundige vir, onder meer, die Springbokspan, maar onbekend by die algemene publiek. Hierdie intieme, inspirerende dokumentêr gaan verder as net die wedstryd. Dit […]

Silwerskermfees-kortfilms: Die grond onthou

Met: Sonia Roman, Kevin Maxwell, Victor ‘Boy’ Josephus, Nellie Nomdo, Jenny Wilson Sonia Roman (77) berei haar voor om na ’n nuwe huis in Protea Village te trek, wat vir haar veel meer as net ’n behuisingskema is. Protea Village verteenwoordig geregtigheid vir die diep seer wat sy sedert haar kinderdae saamdra, toe haar familie […]

Silwerskermfees-kortfilms: Druk dit!

Met: Terence Opperman, Nanette Opperman, Du Randt Opperman, Dezerè Opperman, Niekie Fourie Bedags sweet Terence Opperman by ’n steenkoolmyn in Witbank. Snags gee hy as “The Highlander” sy teenstanders op die armdruktafel hel. Terence ken die soet smaak van oorwinning, maar ook die skerp byt van verlies. In armdruk vind hy ’n uitlaatklep. Op die […]

Silwerskermfees-kortfilms: Genoeg

Met: Ayden Croy, Zane Meas Marc is as tiener uit die huis verstoot nadat hy die waarheid omtrent sy seksualiteit onthul het en sy pa dit nie kon aanvaar nie. Jare later keer hy terug – nie net uit ’n pligsgevoel nie, maar omdat dit moontlik die laaste kans is om die stukke van sy […]

Silwerskermfees-kortfilms: Pappa kitsch

Met: Imre Lamprecht, Dr. Alistair Meredith, Boris Gorelik, Dr. Gerard De Kamper, Paul Myson, Natasha Swift, Salome Le Roux ’n Impulsiewe aanlyn kopie lei Stefanus Nel na ’n skildery en ’n geheimsinnige plakboek wat glo behoort het aan Vladimir Tretchikoff, wie se kuns vir miljoene verkoop. Maar is dit te goed om waar te wees? […]