Rupert-museum

Sluit aan by Eliz-Marie Schoonbee, kunskurator van die Rupert-museum, vir ’n begeleide staptoer deur die jongste uitstallings by die museum. Die rondleiding sal fokus op die verskeidenheid genres en Suid-Afrikaanse kunstenaars wat deel vorm van die uitstallings en die kunsversameling en sluit in J.H. Pierneef se befaamde Johannesburg-stasiepanele. Let wel Sitplek is beperk en deelnemers […]

SA Art vs The World

Sluit aan by dr. Alastair Meredith, direkteur, kunsdepartementshoof, senior kunspesialis en senior afslaer van Strauss & Co, vir ’n praatjie wat ondersoek instel na hoe die Suid-Afrikaanse mark sy eie sterre, tendense, rekords en eienaardighede geskep het. Die Suid-Afrikaanse sekondêre het vir dekades lank in relatiewe isolasie ontwikkel, maar word gedefinieer deur sy veerkragtigheid, deursigtigheid […]

Sanlam WOW-spelfees: Belyningsvergadering

Opvoeders wat as beamptes by die Sanlam WOW-spelfees diens doen, word genooi na ’n oriënteringsessie om die laaste voorbereidings vir die groot Spelfees by die Woordfees te finaliseer. Hierdie sessie bied die geleentheid om vertroud te raak met logistieke en administratiewe reëlings vir die nasionale eindronde. Kom ons maak seker die Sanlam WOW-spelfees verloop vlot!

Sanlam WOW-spelfees: Nasionale eindronde

Leerlinge van al die uithoeke van Suid-Afrika spel teen mekaar om uiteindelik as die kampioenspeller vir 2026 bekroon te word. Leerlinge spel speel-speel en speel spel-spel.

Sanlam WOW-spelfees: Prysuitdeling

Die wenners van 2026 se Sanlam WOW-spelfees word op ’n prysuitdelingsgeleentheid bekroon vir hul harde werk. Die drie beste spellers in elke graad kry erkenning en ontvang lekker pryse vir hulle spelvermoë. Wenners kry trofees, en elke eersteplekwenner word met ’n spesiale geskenk bederf.

SAVAC – Stellenbosch Academy Visual Arts Competition

STELLENBOSCH ACADEMY VISUAL ARTS-KOMPETISIE Suid-Afrika bruis van onontginde kreatiewe talent. Die Stellenbosch Academy of Design and Photography se nasionale kompetisie vir hoërskole is ’n toonvenster vir en viering van ons land se opkomende jong kunstenaars. Dié uitstalling wys die finaliste se werk – vars stemme van reg oor die land. Ontdek hoe visuele kuns jong […]

Schalk & Ramon: As die dromme daar is

Met Ramon Alexander (klavier),Schalk Joubert(baskitaar en sang), Annemie Nel(tromme) Die titel speel tong-in-die-kies met die Drommedaris, die skip waarop Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het. Tog gaan dié vertoning oor veel meer as een aankoms; dit gaan oor die ritmes, stories en mense wat oor eeue heen in die Kaap bymekaargekom het en […]

Schalk Bezuidenhout: Hey hey ek is geskei

STANDUP Het jy al ooit deur ’n egskeiding gegaan? Wel, Schalk het. En gelukkig vir jou móét hy daaroor praat. Hoekom? Omdat dit goedkoper is as terapie. Rou, eerlike stand-up op sy allerbeste – met miskien selfs ’n enkele traan wat teen die linkerwang afrol. Dit is hopelik – in die naam van alles wat […]

Science Café: From Africa’s Microbes to Planetary Health

Afrika met haar ryk biodiversiteit en diverse bevolkings is die tuiste van unieke mikrobiome wat moontlik die sleutel kan inhou tot grensverskuiwende ontdekkings in die veld van gesondheid en siekte. In hierdie gesprek stel die wetenskapsjoernalis en skrywer Engela Duvenage ondersoek in na wat ’n mikrobioom is en waarom een navorsingsgroep beplan om 10 miljoen […]

Science Café: Lasers – die toppunt van tegnologie wat bemagtig

Net ’n speelding. ’n Oplossing op soek na ’n probleem. Só is die uitvinding van die eerste werkende laser in 1960 beskryf. Vandag vorm hierdie ongelooflike tegnologie ’n hoeksteen van die moderne tegnologie – van telekommunikasie, gesigsherkenning en outonome motors tot die neerskiet van hommeltuie in oorlogsgebiede. In hierdie gesprek verken die wetenskapsjoernalis en skrywer […]

Science Café: Presisiegeneeskunde en borskanker

Gegewe die kompleksiteit en veranderlikheid van borskanker, is ’n tradisionele een-behandeling-vir-almal dikwels ontoereikend. In hierdie gesprek bekyk die wetenskapsjoernalis en skrywer Engela Duvenage die konsep van “presisiegeneeskunde” as belowende benadering wat pasiëntprognose en -sorg aansienlik kan verbeter deur voorkomings- en behandelingstrategieë aan te pas op grond van individuele genetiese, patalogiese, omgewings-, en leefstylfaktore. Iemand wat […]

Sensorial Tasting: Journey Through the Vine

By hierdie intieme ervaring in die Green Room van die Spier Manor House word gaste genooi om geblinddoek deur die Creative Block-wynreeks te proe deur slegs staat te maak op aroma, klank, gevoel, tekstuur en smaak om die verskillende variëteite, voorgesit met drie snoephappie-pasmaats, te verken. Dit is speels, onverwags en dikwels verrassend wat ’n […]