Soil and Grass

2026 Soil and Grassvolg drie tradisionele vakarbeiders in KwaZulu-Natal – ’n draadmandjiemaker, pottebakker en palmwewer – wie se praktyke tussen landelike erfenis en stedelike aanpassing beweeg. Soos wat materiale versamel, getransformeer en herskep word, volg die film hoe kennis behoue bly ondanks die fisieke verplasing van die arbeiders. Verweef hiermee is persoonlike verhale van vertrek […]

Son | Skadu

Met Winelands Philharmonic Orchestra, Reghardt Kühn (dirigent), Féroll-Jon Davids(klarinet) The Noon Witch deur Antonín Dvořák is ’n dramatiese verhaal wat gegrond is op folklore, terwyl Kristi Boonzaaier se Klarinet Concertino die ontwaking van ’n woud van die vroeë oggend tot in volle lig uitbeeld. Die program sluit af met Simfonie Nr. 1 deur Jean Sibelius, […]

Sononder-rondleiding met Frank Kilbourn

Frank Kilbourn, uitvoerende voorsitter van Strauss & Co, deel sy liefde vir en uitgebreide kennis van kuns in ’n rondleiding deur die tentoonstelling Anything but Static: A Selection of Modern and Contemporary Still Life. Dit sluit werke in wat gekies is vir die komende Strauss & Co-vlagskipveilings. 8 OKT17:00-18:00Oude LeeskamerR130 | R150 by die deur

Soweto Beach Party

2007 Die skrywer en joernalis Rian Malan word omgepraat om saam met sy orkes, die Radio Kalahari Orkes, op te tree by die grootste vermaaklikheidsgeleentheid op die sosiale kalender in Soweto: die Soweto Beach Party. En dis maar net die newe-intrige! 22 min

Spaanse lied

Met Zanne Stapelberg(sang), James Grace(kitaar) Hierdie intieme Spaanse klassiekemusiekproduksie bring twee meesterlike vertolkers byeen wie se musikale vennootskap oor meer as twee dekades strek. Hulle is bekend vir hul buitengewone musikale band en hul vermoë om stories te vertel deur musiek. In hierdie musiekproduksie, hul derde Spaanse een, verken hulle interessante repertoriums uit Suid-Amerika en […]

Speelkamersessies met Bertus Basson

Die stersjef Bertus Basson, wat bekend is vir sy agt uiteenlopende restaurante en TV-reekse soos In die sop, Ultimate Braaimasteren Kokkedoor, bied vanjaar weer sy gewilde speelkamersessies aan. Kom beleef ’n kookdemonstrasie in sy hoogaangeskrewe Eike-restaurant waar hy spesialiseer in eg Suid-Afrikaanse geregte met ’n kreatiewe kinkel. Hy gaan nie net wys hoe om met […]

Spier Creative Block

Creative Block deur die Spier-kunstetrust bied ‘n unieke manier om na die werk van kontemporêre kunstenaars te kyk en dit te koop. Al die kunswerke het dieselfde vasgestelde formaat, en almal is beskikbaar teen dieselfde billike prys, maar die stories, style en mediums verskil hemelsbreed. Meer as 400 kunstenaars se werk vorm deel van die […]

Spiritual Songs

Met Niël Rademan(bariton),Paulina Malefane(sopraan), Stadskoor(o.l.v. Pieter Bezuidenhout),Treble Clefso.l.v. Elaine Johnson, Elna van der Merwe(klavier) Gehore word uitgenooi na ’n aangrypende vokale musiekuitvoering waarin tydlose werke van geloof en kuns saamgebring word. Die program neem jou op ’n reis van eerbied en passie waar ‘n ligte klassieke repertorium verweef word met die diepgaande resonansie van heilige […]

Spoegwolf

Die Stellenbosse sensasie Spoegwolf het die musiekwêreld 15 jaar gelede soos ‘n bom getref, en sedertdien is hulle liedjies al meer as 214 miljoen keer op stromingsdienste geluister. Hulle was die eerste Suid-Afrikaanse kunstenaars wat in 2019 die topposisie op die Apple-trefferparade beklee het. Hulle optrede by die Woordfees – op hul tuisdorp – beloof […]

Stadskoor: Soekenjin

Met Stadskoor | -Choir | -iKwayara Stadskoor | -Choir | -iKwayara beloof ’n onvergeetlike ervaring met dié nuwe produksie wat Bibi Slippers se digbundel Soekenjin as bronteks gebruik. Deur ’n kombinasie van nuwe gekomponeerde koormusiek en evokatiewe klanklandskappe verander Slippers se woorde in ’n ryk tapisserie van klank, ritme en emosie. ’n Keur van Slippers […]

Stap in Idasvallei

Kom verken Idasvallei op ’n staptoer saam met die mense van dié buurt. Ons gaan gesels oor die natuur en ons taal en kultuur terwyl ons die sonopkoms geniet met ’n koffie en ’n lekker koesister of roosterkoek in die hand. Wie was Ida? Wie was Francois Villion en wat het jare gelede aan die […]

Stapstories en fotografie

Met Toast Coetzer, Austin Lawrence Ontdek die Dwarsriviervallei deur stories en fotografie. Die ervaring begin by die Le Pommier-wynlandgoed, waarna gaste geneem word na die Dwarsrivier-inligtingsentrum vir die begin van die staptog deur Pniel, Johannesdal en Kylemore. Die roete word weer by Le Pommier afgesluit met ’n ligte middagete. Verversings langs die pad ingesluit. Ondersteun […]