Stapstories en sonopkoms

Met Sophia van Taak en Austin Lawrence Begin die dag vroegoggend tussen die berge van die skilderagtige Dwarsriviervallei. Die sirkelroete loop van Villa Verde in Johannesdal tot by Silvermyn en weer terug, en ingesluit by jou staptog is stories, natuurskoon en vars berglug. Terug by Villa Verde wag ’n ligte ontbyt. Verversings onderweg ingesluit. Ondersteun […]
Stellenbosch Starry Nights

Yin-Zhe Magesels oor ses belangrike evolusionêre tydperke van die heelal, Catherine du Toit lees gedigte voor, met agtergrondmusiek wat gekomponeer is deur Zurab Janelidze en Hans Roosenschoon. Dit word gevolg deur ‘n dialoog tussen wetenskaplikes en kunstenaars, en afgesluit met ‘n verkenning van die naghemel deur draagbare teleskope.
Stellenbosch-dorpsgesprekke: Die ware prys van Stellenbosch: Mooi vir wie?

’n Gesprek oor die stygende lewenskoste, eiendom en deelname in Stellenbosch. Raak die dorp ál meer buite bereik van studente, werkers en plaaslike gemeenskappe?
Stellenbosch-dorpsgesprekke: Dorp en kampus: Wie dien vir wie?

’n Gesprek oor die veranderende verhouding tussen Stellenbosch en die universiteit met fokus op toegang, taal, transformasie en die rol van die instelling binne die breër gemeenskap.
Stellenbosch-dorpsgesprekke: Jamestown — waar geskiedenis ‘n toekoms word

Jamestown, ’n histories landelike dorpie aan die buitewyke van Stellenbosch, dra ’n unieke erfenis van meer as 124 jaar. Gestel dié gemeenskap kan ’n bloudruk wees vir maatskaplike kohesie in Suid-Afrika – terwyl inwoners die hedendaagse uitdagings van saamleef hanteer. Melanie du Bois en ander inwoners van Jamestown gesels saam.
Stellenbosch-eisteddfod 90

Met Anmari van der Westhuizen(tjello), Sharon de Kock(viool), Pieter van Zyl(klavier),James Grace(kitaar), Dylan Tabisher(marimba), Hanneke Zwamborn(klavier), Minette du Toit-Pearce(mezzo-sopraan), Benjamin van Eeden(klavier), Winand Grundling(orrel), Jan-Hendrik Basson(tenoor), Jeanni Wiese(blokfluit), Philippus Hugo( klavier), Hano Krige(akkordeon),Quinn Goliath(saxofoon) Die Stellenbosch Eisteddfod vier 90 jaar van kreatiewe uitnemendheid op ‘n luisterryke wyse met ’n glansryke feeskonsert waarin huidige en voormalige […]
Stemme en verse: ‘n Schubertiade

Met Jan Hugo(klavier), Clara Hugo(sopraan),Pieter Hugo(voorleser) Die kunsliedduo Jan en Clara Hugo bied ’n Schubertiade aan met die geliefde lieder van Franz Schubert. Hierdie intieme program verken die emosionele diepte en verfynde woord-toon-verhouding van die kunslied. Die duo, met uitgebreide Europese ervaring, is bekend vir hul stylgevoeligheid en hegte musikale band. Saam met die Afrikaanse […]
Stemme uit die verlede: My eie wysie – Annalise Wiid

Metprof. Elna Mouton, Helena Conradie, drs. Lizelle Smit en Diederick Basson Die geliefde Afrikaanse sangeres, liedjieskrywer, skrywer en spreker Annalise Wiid was ’n kind van die Kaap – altyd op soek na ’n wysie vir die musiek in haar hart. Agt jaar gelede, op 57-jarige ouderdom, het haar stem stil geword. Haar werk leef egter […]
Stille vuur

Met Frieda van den Heever, Coenie de Villiers, Mauritz Lotz, Deon Meyer Die wêreld het, meer as ooit, vrede nodig. Elkeen van ons het ‘n versugting daarna. Die enigste manier om vrede in ’n gebroke wêreld te bewerkstellig is om dit met passie na te jaag: om ’n stille vuur van skoonheid te skep. Vier […]
Stinkie, los uit!

Met Sjaka S. Septembir Stinkie, los uit! is ’n lewendige visuele komedie. Met fisieke humor, absurde situasies en speelse interaksie neem Stinkie jong gehore op ’n prettige avontuur waar alles skeef loop. Hierdie Fiësta-benoemde nar skep ’n wêreld van verbeelding, chaos en groot pret. Ideaal vir gesinne, skole en enigeen wat saam wil lag. Dis […]
Storie-speel

Met Angelique Filter, Mila Sobolewski, Devonecia Swartz, Estelle Olivier Storie-speel is ’n vrolike, verbeeldingryke teaterervaring waar stories nie net gehoor word nie, maar lééf. Jong teatergangers word genooi om saam te speel, karakters lewe te gee en te help dink aan oplossings vir die kinkels in die verhale. Met lag, verbeelding en interaksie sorg ons […]
Storietyd in die grondslagfase

Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans en kinderboekskrywer van die Xavier en Kendrick-reeks, gesels oor prenteboeke, stories en die waarde van lees. Sy deel ook wenke uit haar twee boeke Huisies vir muisies en ’n Rand vir ’n tand. Kom gesels saam oor hoe om lees lekker en interessant te maak […]