Strauss & Co se koffie-raves

Begin jou dag anders met Strauss & Co se koffie-raves. Sluit by ons aan vir heerlike koffie, opbeurende ritmes en ’n lewendige samekoms voor die werksdag begin. 5 OKT 07:00-08:00De Warenmarkt7 OKT 07:00-08:00Eerste Kafeeversameling Gratis, koffie te koop
Strauss & Co-waardasies

Wonder jy hoeveel jou kuns en juweliersware werd is? Strauss & Co nooi jou uit na ons waardasiedae waar ons spesialiste vertroulike waardasies aanbied sonder enige verpligting. Ons is op soek na kuns en ander items vir ons eerskomende veilings wat in Kaapstad en Johannesburg plaasvind. 6 en 8 OKT 09:00-12:00Oude LeeskamerKontak haneem@straussart.co.za vir besprekings.
Street Trash

2024 Met Sean Cameron Michael, Donna Cormack-Thomson, Joe Vaz, Lloyd Martinez Newkirk, Shuraigh Meyer, Gary Green, Warrick Grier, Andrew Roux, Ryan Kruger In die jaar 2050 het wêreldwye ekonomiese onrus die middelklas in Kaapstad vernietig en in ultrarykes en haweloses verdeel. Ronald en ’n groep van sy hawelose buitestandervriende ontdek ‘n komplot van die plaaslike […]
Studentediskoers: Dink vir jouself

Ons toets idees, bevestig gevoelens en soek rigting by kunsmatige agente – maar het ons daardeur ons eie mag begin prysgee? As ons ophou om ons eie gedagtes te vertrou, hoe betree ons die arbeidsmark, waar selfstandigheid die koring van die kaf skei?
Studentediskoers: KI praat almal se taal én niemand s’n

Taal is mag en identiteit, maar nie almal het gelyke geleenthede nie. KI-modelle word grotendeels in dominante wêreldtale gebruik en ontwikkel, terwyl plaaslike tale sukkel om tred te hou. Wie se woorde oorleef en hoe lyk die taalatlas van die toekoms?
Studentediskoers: Kyk my in die oë

Datatendense dui daarop dat jong mense minder drink en meer oefen – en koffie-raves word al hoe gewilder. In ’n wêreld vol skerms en algoritmes soek ons na nuwe maniere om mense te ontmoet. Is dit ’n doelbewuste keuse teen kunsmatige intimiteit of net ’n ander vorm van ontvlugting?
Stylvol met selfvertroue

Met Annelize KotzevanA Look and Feel Styling @alookandfeel Handige raad vir almal wat wil goed voel in hul klere. Het jy al ooit voor ’n vol klerekas gestaan en gevoel jy het niks om aan te trek nie? Sluit dan by Annelize Kotze aan vir ’n praktiese en inspirerende stylwerksessie vir vroue wat vasgevang voel […]
Taalgenoot-Ruk en Rym-finaal met Van Pletzen

Taalgenoot-Ruk en Rym is die toonaangewende kompetisie vir alternatiewe kunstenaars en groepe wat musiek met Afrikaanse lirieke maak. Verwag tydens die finaal van Ruk en Rym – voorafgegaan deur twee semifinale rondes in Gauteng en die Wes-Kaap – ’n battle-of-the-bands-styl-kompetisie waartydens jy van die varsste en mees progressiewe musiek in Afrikaans sal hoor. Gaskunstenaars Van […]
Tamatiestraat: Tussen-In-Between

Tussen-in-Between is meer as net ’n kookboek – dis ’n uitnodiging om die eenvoudige oomblikke van elke dag aan te gryp. In hierdie boek deel Reinée Terreblanche-Brand die storie van Tamatiestraat, maar vertel ook meer van hul persoonlike reis met vrugbaarheidsbehandeling, aanneming en die soeke na balans – alles terwyl sy opgewonde raak oor die […]
Tandepasta en sigarette

FRINGE Met Nichola Viviers, Conradie van Heerden Wallis en Chantry ontmoet by ’n vriend van ’n vriend se partytjie en voel oombliklik ’n konneksie, maar Chantry se kêrel is steeds op die toneel. Wallis sal tevrede wees met ’n vriendskap, want al is Chantry die regte mens vir hom, is dit beslis nie die regte […]
Teatergesprekke: Atropa

In dié gratis gesprekke gesels die Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees. Atropa verken ’n wêreld verskeur deur oorlog, ongelykheid en die nalatenskap van kolonialisme. Tom Lanoye se herbesinning van die Trojaanse oorlog is ’n radikale aanklag teen […]
Teatergesprekke: Die ander dogter

In dié gratis gesprekke gesels die Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees. Die immergroen ikoon Sandra Prinsloo is te sien in die verwerking van die Nobelpryswenner Annie Ernaux se l’Autre Fille, uit die Frans vertaal deur Naòmi Morgan. […]