Teatergesprekke: FaustX

In dié gratis gesprekke gesels die Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees. Brett Bailey herinterpreteer Goethe se Faust II as ’n kragtige surrealistiese visuele fabel. Dit ondersoek mag, tegnologie en kapitalisme deur ’n moderne lens en beeld dr. […]
Teatergesprekke: Grootmeisie

In dié gratis gesprekke gesels die Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees. Rachelle Greeff se Grootmeisie is vanjaar se wenner van die Reinet Nagtegaal-teksprys, die grootste teaterteksprys in Suid-Afrika. Sy het die prys vantevore gewen vir Die naaimasjien. […]
Teatergesprekke: Skanse

In dié gratis gesprekke gesels die Toyota Stellenbosch Woordfees-direkteur en dramaturg Saartjie Botha met teatermakers en kunstenaars wat gesorg het vir van die opwindendste produksies op vanjaar se fees. Skanse is ‘n nuwe toneelstuk uit die pen van Deon Opperman, en gaan oor twee broers wat herenig word, en die ou wonder wat oopgeskeur word […]
Thanda

2026 Dié dokumentêr speel af in Khayelitsha, een van Suid-Afrika se gevaarlikste woonbuurte, waar ’n jeugkoor ’n baken van hoop is. Deur musiek takel hierdie jong stemme armoede en misdaad en vind eenheid, doelwitte en selfuitdrukking. Dit is meer as net ’n fliek oor musiek; dit bied ’n intieme blik op die lewe in Khayelitsha […]
The Collector’s Lens

Sluit aan by Frank Kilbourn, ywerige versamelaar en uitvoerende voorsitter van Strauss & Co, dr. Alastair Meredith, hoof van Strauss & Co se kunsafdeling, en Carel Nolte, hoof van sakebemagtiging by EasyEquities, wanneer hulle gesels oor die liefde vir en waarde van oordeelkundige versameling. Die skrywer en kurator Sean O’Toole gesels met die paneel oor […]
The Daisy Jones Bar: Honky Tonk Hoedown

Honky Tonk is meer as net ’n lyndansklas. Die aand begin met ’n beginnersdansklas sodat almal kan deelneem en saamkuier. Daarna volg ’n aand van country- en pop-country-musiek en natuurlik ’n meganiese bul-rit. Daar is hope geleenthede vir foto’s, en ons moedig almal aan om behoorlik uitgedos te kom en hul innerlike cowgirl en cowboy […]
The Daisy Jones Bar: Jan Blohm Live

Na drie jaar is Jan Blohm uiteindelik weer terug by Daisy Jones, en hierdie keer bring hy die hele band saam vir ’n volbloed rock show as deel van die Toyota Stellenbosch Woordfees-program. Blohm is een van daai kunstenaars wat jy nie sommer met iemand anders kan verwar nie. Vir meer as twee dekades meng […]
The Daisy Jones Bar: Louis Mhlanga Live

’n Reus van die Afrika-kitaar bygestaan deur ’n vol band. Louis Mhlanga is nie net ’n kitaar-speler nie, maar ook ’n komponis, vervaardiger en liedjieskrywer. Sy unieke klank is die samevoeging van Afrika-ritmes, jazz, blues, rock, rumba, funk en meer tradisionele musiekvorme.
The Fool’s Guide … to living and dying …

… to living and dying … Met Andrew Buckland Hierdie stuk is ’n skreeusnaakse en hoogs fisieke reis deur die wêreld van hedendaagse tegnologie, uitgebeeld met die virtuose vernuf van ’n akteur wat op die kruin van sy vermoëns is. Dié eenman-kragtoer vra ernstige vrae oor die menslike toestand, veral in verhouding tot die sosiale […]
The Heart is a Muscle

2025 Met Keenan Arrison, Dean Marais, Melissa de Vries, Danny Ross, Ridaa Adams, Loren Loubser, Robyn Rossouw, Lincoln van Wyk, Troy Paulse, EB Inglis, Marlon Swart, Ayden Croy, Muneel Jacobs ’n Groep vriende braai in Kaapstad, maar die dag word ontwrig wanneer Ryan se seun verdwyn. Een naweek se gebeure ontketen ’n reeks ander voorvalle […]
The Journey

Aangebied deur Penguin Random House The Journey is ’n viering van Naqiyah Mayat se passie vir die Indiese kookkuns terwyl sy haar eie kulinêre styl ontdek. Hierdie versameling van eenvoudige én dekadente Indiese resepte is ’n mengsel van nostalgie met ’n moderne baadjie, wat wys hoe die kern van die Indiese kookkuns oor geslagte (en […]
The Perfect Pitch

Met Saartjie Botha, Pieter Toerien, Carel Nolte, Cornelia Faasenen ander Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as jy die haaie van Shark Tank tussen ’n klomp dramatiese teatermakers loslaat? Die antwoord is The Perfect Pitch, ’n unieke geleentheid vir die land se voorste teatermakers om sake uit te spook vir die groot prys: […]