The Reservation

Met Figure of 8 Dance Theatre-geselskap:Shaun Oelf, Marang Gwatyu, Jenna Wilkinson, Damian Jacobs, Thalia Alberts, Liam Frantz, Sasha Nkonyana, Kirsten Messias, Irshaad Essack, Natasha Tsanwani, Lukhanyo Anta The Reservation is ’n meesleurende dansteaterproduksie wat ’n spieël ophou vir ons sosiale gewoontes en begeertes. Dié gesinsvriendelike opvoering gaan beslis die eetlus prikkel, aangesien dit afspeel in […]

The Second Coming

FRINGE Met Taylor Ackermann, Kimi de Beer, Matthew Gray, Kgahlisho Matloga, Lutho Ndyalvane, Mateo Komlosy, Lea Steenkamp Die einde is op hande! Vyf vreemdelinge skuil in ‘n bouvallige klooster en wag op die eindtyd terwyl hulle die heilige visioene van Pous Onskuld volg. Die opperste gebod? Die kerk se deure mag nooit oopgaan nie. Vir […]

The Silver Fez

2009 Met Kaatji Davids & The Continentals, Hadji Bucks & The Starlites, Mac McKenzie Lank gelede in ’n stad aan die punt van Afrika is twee mans besiel deur ’n droom wat net vir een van hulle kon waar word. Die huisverwer Kaatji Davids het skaars ’n sent op sy naam gehad, maar wel ’n […]

The Sleeping Beauty

Met dansers van dieStellenbosch-balletvereniging Die Stellenbosch-balletvereniging bied ’n klassieke produksie van The Sleeping Beauty aan met ’n geselskap van professionele en ontluikende dansers van skole reg oor die dorp. Dit is ’n storie van hoop, veerkragtigheid, die krag van die liefde maar ook kontraste: lig en donker, onskuld en gevaar. Kom ervaar die vreugde van […]

The Smallest Ones

Aangebied deur Penguin Random House Die joernalis en skrywer Karin Brynard gesels met Popina Khumanda oor haar aangrypende memoires, The Smallest Ones. As oorlewende van die bloedige konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo vertel Khumanda van haar gevangenisname deur rebelle, die gruwels van kindersoldate en haar epiese vlug na Suid-Afrika. Hierdie verhaal getuig […]

The Stonemason

2026 In dié animasieprent ontdek ’n klipmesselaar, verteer deur afguns en ’n honger na erkenning, ’n blok marmer wat hy glo sy waarde as beeldhouer sal bewys. Maar wanneer sy pogings faal en sy ego aan skerwe lê, moet hy leer om nabootsing en ambisie te laat vaar omdat ware kuns – soos die self […]

The Stonemason: Die poppe

The Stonemasonis ’n stopraam-animasiekortfilm wat byna vier jaar geneem het om te maak. Dié tentoonstelling bestaan uit die handgekerfde houtpoppe wat in die film gebruik is asook die vier stelle waarop die rolprent verfilm is. Alles is met die hand gemaak. Die kunstenaars Erentia Bedeker en Luan Pienaar het sover moontlik natuurlike materiaal soos sand, […]

The Stranger

Met Nkosenathi Koelaen ander The Stranger is ’n poëtiese rituele drama oor liefde en die verlies aan liefde, die onderlinge verbondenheid van alle lewensvorme en die transformerende krag van die kunste. Orpheus, ’n vreemdeling, kom op Stellenbosch aan en speel musiek wat so betowerend is dat dit vrede bring vir almal wat dit hoor. Die […]

The Wire and the Sky

2026 Met Kim Goodwin, Adriaan de la Rey The Wire and the Sky is gemaak tydens ’n kunstenaarsresidensie van twee weke in die dorre Tankwa-Karoo, ’n ekostelsel wat erg beskadig is deur oorbeweiding. Die film is geïnspireer deur “The Broken String”, ’n |Xam-bydrae tot die Bleek-en-Lloyd-argief deur ǁkabbo, en ondersoek ons verlore verbintenis met die […]

Three Part Harmony

Aangebied deur Dryad Press, Jacana, Granta Drie digters lees voor uit hul werk om die onverwagse harmonieë tussen uiteenlopende stemme te belig. Sarah Uheida (Not This Tender), Paula Fourie (Inked in Bone) and Zubayr Charles (the sad boy’s starter pack and other poems) bederf die gehoor met ’n keur uit hul bundels. Die voorlesings is […]

Tobie Cronjé: Die biografie

Aangebied deur Protea Boekhuis “Twee van die grootste lesse wat ek al in my lewe geleer het is om jou naaste lief te hê soos jouself, en om nie te eet terwyl jy nies nie.” Dié brokkie wysheid is maar één van die skatte wat Chris Vorster uit drie jaar se onderhoude met Tobie Cronjé […]

Tollie Parton: Tottie en nie verder nie

STANDUP Met Wynand Kotze Tollie Parton was nog altyd die té eerlike vriendin wat mense dikwels kwaad maak. Sy vertel al vir jare hoe sy vir niks en niemand bang is nie, maar is dit regtig die waarheid? Is sy nes die dapper muis van ouds bereid om te sê dat sy ook vir niks […]