Tom Dreyer: Feesdigter en vriende

Aangebied deur Queillerie Dis nie net rocksterre wat ‘n konsert in ‘n jol kan omskep nie. Ons feesdigter, Tom Dreyer, hark ‘n hand vol vriende nader vir ‘n aand van digkuns en deuntjies. The Buckfever Underground sorg vir die perkussie, en ‘n kavalkade van ons beste digters staan reg om saam met Dreyer hul ding […]
Toyota Stellenbosch Woordfees-langtafel

Die Langtafel word weer onder die eike, tussen die pragtige ou geboue van Ryneveldstraat, gedek met feestelike kos, musiek en samesyn. Vanjaar is die sjef Mynhardt Joubert se spyskaart geïnspireer deur die feestema: Dis hoog tyd dat ons weer saam aan tafel mekaar in die oë kyk en die glase hoog lig op hierdie mooi […]
Toyota Stellenbosch Woordfeeskunsveiling en -uitstalling

Die vyfde jaarlikse Toyota Stellenbosch Woordfees- aanlyn kunsveiling word weer aangebied in samewerking met Strauss & Co, wie se spesialiste kunswerke deur opkomende en gevestigde kunstenaars gekies het. Die veiling plaas artistieke uitnemendheid op die voorgrond, terwyl dit sigbaarheid en erkenning van kontemporêre praktyke beklemtoon. Die doel is om nuwe en ervare versamelaars aan te […]
Trio AéroClave

Met Louisa Theart(fluit), Férrol-Jon Davids (klarinet), Elizabeth Retief(klavier) Al die klankkleure van Claude Debussy, Mel Bonis, Camille Saint-Saëns, Guillaume Connesson en meer uit die Franse Romantiese era in ‘n program met klarinet, fluit en klavier. Dié kombinasie is ongewoon en bied iets buite die hoofstroom. Die musiek is egter heeltemal toeganklik.
Trusts and Estates Workshop on Art

In die werksessie bespreek ons die rol van kuns in trusts en boedels en bied praktiese insigte vir welvaartbestuurders, trustees en boedelbeplanners. Tydens hierdie sessie word ontleed hoe kuns as beide ’n kulturele bate en ’n komponent van langtermyn-welvaartbeplanning kan funksioneer. Onderwerpe soos waardasie, eienaarskapstrukture, opvolging en nalatenskap-oorwegings word gedek. 7 OKT 10:00-12:00StadsaalR130 | R150 […]
Twee seuns sit op ’n rugbyveld

2026 MetLian Strydom, Luan Maartens ’n Intieme dog rou coming of age-drama wat in Suid-Afrika afspeel. Die verhaal volg Alec en Stephan, twee 18-jariges wat worstel met die kompleksiteit van manlikheid, identiteit en intimiteit. Oor die verloop van een nag en een dag beweeg Alec tussen broosheid en intensiteit, terwyl Stephan sy rol as versorger […]
Twee siele, een omhelsing

[ ] Met Shaun Oelf, Ramsey Devin Lewis, Craig Katts Tango behels nie bloot die bemeestering van ’n paar danspassies nie, maar die ontwaking van teenwoordigheid. In die omhelsing ontdek jy hoe om vas te hou én vasgehou te word, hoe om die stiltes te vertrou, en hoe om sonder woorde ’n konneksie te vorm. […]
Twee word een

In Twee word een: Herinneringe aan 25 jaar saam met Russel Botman dink dr. Beryl Botman na oor haar lewe en verhouding met haar ontslape man. Prof. Russel Botman, ’n voormalige visekanselier en rektor van die US, is 12 jaar gelede oorlede, en sy weduwee het sedertdien drie boeke oor die onderwerp geskryf. Haar jongste […]
Twenty + One

Ter viering van 21 jaar van die Stellenbosch Atelier in Jamestown word hierdie uitstalling met Vivian van der Merwe en Fiona Metcalfe as kurators in die historiese Rhenish-kerksaal aangebied. Die uitstalling bring ’n keur van werke byeen, insluitend ’n retrospektiewe element wat die ontwikkeling van die Atelier naspeur, saam met nuwe werke wat die voortgesette […]
Tygerberg Kinderkoor: ‘n Ode

Met Karina Erasmus(dirigent), Elizca Mulder(begeleier),Marlene Cerfontyne (viool),Lize Jansen van Vuuren (dwarsfluit), Schalk Joubert (baskitaar), Schalk Wasserman (perkussie) Die internasionaal bekroonde Tygerberg Kinderkoor bring ‘n program vol intieme en gewyde werke tot uitbundige, vreugdevolle liedere. Die program is ‘n ode aan ons voorste Suid-Afrikaanse komponiste, onder andere Pieter Bezuidenhout, Franco Prinsloo, Anton Esterhuyse, Michael Barrett en […]
Uit die skadu van die skrum

Met Ingrid Botha, Natascha Louw, prof. Francois Cleophas Vrouerugby is die wêreld se mees snelgroeiende spansport. Met meer as 2,7 miljoen spelers reg oor die wêreld brei dit vinnniger uit as die mansspel. Tog skuil daar ʼn merkwaardige paradoks: In ʼn land waar rugby diep in die nasionale identitieit ingegraveer is en deeglik geboekstaaf is, […]
Uit die skatkis van die WAT

Aangebied deur die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) Oral waar mense Afrikaans praat, leef daar unieke woorde en uitdrukkings. In die WATword dié skatte bewaar. Om die 100ste bestaansjaar van die WAT te herdenk, is 100 rubrieke deur Jana Luther gebundel in En nog WAT. Luther en ander WAT-redaksielede gesels oor interessante woorde en […]