Universiteitskoor Stellenbosch University Choir

Met André van der Merwe(dirigent) Die US-koor vier vanjaar hul 90ste bestaansjaar en vier dié mylpaal met ’n skouspelagtige konsert. Met hul kenmerkende energie, ryk koorklank en vars repertorium wag ’n onvergeetlike musiekervaring. Kom beleef ’n viering van vreugde en uitnemendheid.

Velddraf met woorde

Trek jou tekkies aan en kies die hasepad in Afrikaans. By die Velddraf is jy meer as net ’n nommer: Deelnemers draf of stap met ’n unieke Afrikaanse woord uit dieWoordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) as registrasienommer. Almal is welkom – van “doekvoet” tot “donderweer” en “blitsig” tot “baanbreker”! Jy kan stap, draf of […]

Verborge Stories: Maggie Laubser en Die Kunshandelaar

Met Amanda Botha Maggie Laubser ontvang in 1946 ‘n erepenning vir kuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In dieselfde maand ontmoet sy die kunshandelaar, dr. Helmut Silberberg. Met gelang van tyd hanteer hy haar sake. Uiteindelik word hy die enigste koper van byna 100 van haar skilderye – in één transaksie. Wat was […]

Verf-en-vers-uitstalling

Leerlinge in gr. 4 tot 9 word uitgenooi om hul verbeelding vrye teuels te gee deur ’n gedig te skryf wat geïnspireer is deur die Woordfees 2026-tema, hoog tyd, en dit dan op ’n A3-plakkaat visueel tot lewe te bring. Verf-en-vers is ’n jaarlikse skoolprojek. Die beste kunswerke word gedurende die Woordfees ten toon gestel […]

Verweefde wandeling: Staptoer op die Stellenbosch-kunsmyl

Ervaar die Stellenbosch-kunsmyl deur ’n stadiger, meer sintuiglike ontmoeting met kuns, ekologie en plek. Vanjaar se uitstalling, Entangled Ground, verken gemeenskap as ’n lewende ekologie – ’n netwerk van water, grond, plante, diere, materiale, weersomstandighede en menslike teenwoordigheid. Dié begeleide stap nooi feesgangers om te luister, kyk, aan te raak, stil te word en op […]

Vivaldi en die vondeling

Met Lynelle Kenned, Mario Nell(klawesimbel), Johanna Roos(viool) Anna Maria della Pietà was ’n wonderkind van Venesië. Op agtjarige ouderdom was sy ’n vermaarde violis en komponis, en op 12 was sy die jongste konsertmeester van die beroemde Ospedale della Pietà-orkes. Sy was ’n weggooikind, die dogter van ‘n prostituut. Haar musiekmeester was niemand anders nie […]

Vlindervry

DEBUUT Met Cindy Swanepoel, Heinrich Wentzel, Jeanne-Marié Koekemoer, Geon Nel Vlindervry is ’n vertaling van Leonard Gershe se trefferkomedie Butterflies are Free. Daan Bekker is ’n blinde 19-jarige wat pas Kaapstad toe getrek het, deels om ’n sangloopbaan na te streef, maar hoofsaaklik om hom uit sy beheersugtige ma se greep los te wikkel. Sy […]

Voces Cordis

Met André van der Merwe(dirigent) Voces Cordis (“Stemme van die hart”) keer terug met koormusiek vol diepte, verbondenheid en gedeelde geskiedenis. Die koor, onder leiding van André van der Merwe, het in 2025 ‘n Woordtrofee-toekenning vir uitsonderlike bydrae tot klassieke musiek (vokaal) verower.

Voëlvry: The Movie

2002 Met Johannes Kerkorrel & Die Gereformeerde Blues Band, Koos Kombuis, Bernoldus Niemand, Dagga-Dirk Uys Dis die jaar 1989, Suid-Afrika. Die apartheidsregime wankel. ‘n Finale stoot word aan die Afrikanermonoliet gegee deur sy eie kinders wat die reg eis om vrede bo oorlog te kies. Die rolprent fokus op die omstrede twee maande lange musiektoer […]

Vusi Mahlasela live at Woordfees

Met Vusi Mahlasela (stem, kitaar), Tsholofelo Papo (kitaar) Vusi Mahlasela, ’n internasionaal gevierde en bekroonde kunstenaar en Suid-Afrikaanse nasionale skat, met ’n loopbaan wat oor drie dekades en 10 albums strek, maak vir die eerste keer sy buiging by die Toyota Stellenbosch Woordfees. In hierdie intieme vertoning gaan hy en sy protégé, Tsholofelo Papo, sy […]

Waag jou hand aan memoirskryf

Droom jy daarvan om jou lewensverhaal as nalatenskap vas te lê? Sluit aan by die Bloemfonteinse skrywer en retreat-fasiliteerder Zarine Roodt vir ’n praktiese memoires-werksessie wat ideaal is vir beginners. Ontdek hoe om herinneringe te ontsluit, jou unieke stem te vind en struikelblokke soos sensitiewe inligting te hanteer. Jy leer om ’n tydlyn te skep […]

Waar kunsjuwele & stillewe ontmoet

Hierdie uitstalling en veiling posisioneer kuns-geïnspireerde juweliersware as ’n dinamiese eweknie van stilleweskilderye. Waar skilderkuns ’n oomblik vasvang, stel juwelierskuns dit in beweging; waar stillewes stilte suggereer, bring juweliersware gebare, tydelikheid en interaksie. Deur dié twee dissiplines met mekaar in gesprek te laat tree, word ’n verskuiwing voorgestel – van waarneming na deelname, van beeld […]