Wat om te doen as die wêreld brand

Met Elzabé Zietsman, Jody Jason Peterson(klavier) Die wêreld is aan die brand, maar die engel/orakel/demi-godin wat eiehandig die kliëntedienssentrum van die kosmos beman, is afgeboek weens uitbranding. Die groot opsigter van die heelal het heeltemal genoeg gehad. Wie gaan nou na die mensdom se gesanik luister, raad gee oor verhoudings en vure doodslaan waar hulle […]
When Still Life Breathes

By hierdie meesleurende laatmiddag-teaterskildery deur Gabrielle Kruger in samewerking met Cape Ballet Africa verskuif die stillewe van die doek na ’n ervaring waaraan die gehoor meedoen. Die gedekte tafel word met kuns, musiek, wyn en kos tot ’n lewende komposisie omgetower. Objekte wat eens in stille afwagting vasgevang was, begin asemhaal en nooi gaste uit […]
Where Triple Three Spirits Meet the Plate

Sluit aan by meester-distilleerder Rolf Zeitvogel en sjef Tiaan Langenegger vir ’n insiggewende gesprek waar spiritualieë en kos bymekaarkom. Terwyl hulle kook, stories deel en idees uitruil, sal hulle kreatiewe maniere demonstreer om drie Triple Three-spiritualieë in kos te gebruik – nie net as drankies nie. Gaste sal ook die geleentheid kry om die geurige […]
Wie call die shots?

DEBUUT Met Ben Ackerman, Jeswaan Boneparte, Kyle Farmer, Janru Steenkamp, Thakgalo Sello, Nurudien Wyngaard, Edwardo Kok Danger. Gevaar. Ingozi. Bly weg. Lê plat. Ons is nie veilig nie. Die strate bloei van Gwa! Ba! Ba! Snellers word getrek, maar wie call die shots? Koeëls vlie deur ’n rugsak tot in die hart van ’n droom. […]
Wie is Bernoldus Niemand?

Met VOLK: Frank Freeman (kitaar en sang), Dillon Myburgh (tromme), Mika Burger (baskitaar), André Hough (klank), Duncan Johnson (saksofoon & elektroniese klavier) Wie Is Bernoldus Niemand? Dié titel verwys natuurlik na Bernoldus Niemand se kultusalbum uit 1985 wat met snitte soos “Hou my vas, korporaal” en “Snor City” die Voëlvry-beweging geïnspireer het. Met een oog […]
Wild Landings – Namibia

2015 Mike Blyth en James Pitman is twee vlieëniers wat bekend is vir hul lewensuitdagende avonture in vliegtuie wat hulle self ontwerp en bou. Twee keer het hulle hulle lewe gewaag terwyl hulle reg oor die wêreld gevlieg het. Dan begin die stres daarvan om ‘n immergroeiende lugvaartbesigheid te bestuur hulle onderkry. Nou is dit […]
Wild Things Never Die

Aangebied deur Penguin Random House Al worstel tannie Maria met ’n vrees vir die donker en ly haar hen aan post-traumatiese stresversteruing, is sy steeds op ’n missie: om die vetplantjies te red. Net Sally Andrew kan so ’n aweregse wêreld skep. Sibongile Mafu gesels met die skrywer oor die navorsing, reise en skryfwerk agter […]
Wim: ’n Dekade se leierskap in veranderende tye

Aangebied deur Flyleaf Prof. Willem Johan Simon de Villiers (1959) het van 2015 tot 2025 as die twaalfde rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch gedien. Wim: ’n Dekade se leierskap in veranderende tye is deel van ’n ou tradisie by die universiteit om te besin oor en boek te hou van sy visekanseliers se […]
Wind, Earth & Fire

Met Ralitza Macheva(viool), Shannon Cook(viool), Azra Isaacs(altviool), Rosamund Roth(tjello), Féroll-Jon Davids(klarinet) Hierdie konsert, wat handel oor drie elementêre kragte – die wind, aarde en vuur – is ‘n lewendige dog intieme program vir klarinet en strykkwartet. Dis ‘n musikale reis wat musiek verbind met die wind (asem en storms), die aarde (volksmelodieë en landskappe), en […]
Wonde

Met Garage-dansensemble Die Garage-dansensemble het internasionaal lof verwerf vir die sterk gevoel van identiteit waarmee hulle Suid-Afrikaanse stories vertel. In dié kragtige dansproduksie gebruik hulle beweging en stem om lig te werp op die uitwerking wat dit op families en gemeenskappe het wanneer kinders spoorloos verdwyn. Hierdie aangrypende uitbeelding van die diep letsels van verlies, […]
Wonder in woorde/words

Met Aidan Davies, Matthew Gray, Lihle Ngcawe, Amy Olivier, Lea Steenkamp, Torden van Rensburg Wonder in woorde/words is ’n sprankelende woordkunsavontuur waarin mites, sprokies, gedigte en stories die verbeelding behoorlik aangryp. Die produksie is saamgestel uit Afrikaanse en Engelse kortverhale, poësie en selfs ’n drama of twee om leerders op ’n verbeeldingsvlug vol humor en […]
Woordfees-atelier

Woordfees-atelier is ’n oorsigtentoonstelling van werk deur deelnemers aan vanjaar se Ateljeebesoeke-program. Hierdie uitstalling is ’n nuttige vertrekpunt om jou ateljeebesoeke te beplan, aangesien verteenwoordigende werk uitgestal word van al die plaaslike kunstenaars waar jy besoek kan aflê. Uiteenlopende mediums, style, onderwerpe en benaderings gee jou ’n unieke blik op waarmee Stellenbosch se kunstenaars besig […]