Woordfees-straatsoirée

Aangebied deur Stellenbosch-Wynroetes By hierdie spesiale straatmakietie wat jaarliks gehou word, kan jy jou verlustig in ’n keurspel van kosstalletjies, druiwegenot, musiek, goeie wynversnitte en Bolandse gasvryheid. Kom skink ’n glasie op die kunste en goeie wyn! (wynglas en 12 wynproekoepons ingesluit)Geen o.18 (alkohol)

Woordfees-wynskool: Borrels 101

Aangebied deur Stellenbosch-Wynroetes ’n Vonkelende kennismaking met die wêreld van bubbly. Leer meer oor Cap Classique, vonkelwynstyle, borrels in jou glas en hoekom sommige wyne net beter sprankel as ander. Die Woordfees-wynskool is ’n gesellige en ontspanne ervaring sonder enige snobisme. Verwag interessante gesprekke oor enigiets van kultivars en style tot geheime uit die kelders, […]

Woordfees-wynskool: Cabernet sauvignon 101

Aangebied deur Stellenbosch-Wynroetes In samewerking met die Stellenbosch Cabernet Collective ontdek ons waarom Stellenbosch wêreldbekend is vir sy cabernet sauvignon. Proe verskillende style en leer meer oor die koning van rooiwynkultivars. Verwag interessante gesprekke oor enigiets van kultivars en style tot geheime uit die kelders, maar ook heelwat lag, verrassende stories en natuurlik uitstekende wyn. […]

Woordfees-wynskool: Witwyn 101

Aangebied deur Stellenbosch-Wynroetes In hierdie sessie word die wonderlike wêreld van witwyn verken en hoe elke kultivar – van vars sauvignon blanc tot ryk chardonnay en geliefde chenin blanc – sy eie persoonlikheid in die glas wys. Leer, proe, spoeg of sluk… Die Woordfees-wynskool is ’n gesellige ervaring sonder enige snobisme. Verwag interessante gesprekke oor […]

WOW & PEN-skryfskool

In samewerking met PEN Afrikaans Aspirantskrywers: Die PEN-skryfskool bied aan hoërskoolleerlinge én opvoeders die geleentheid om hul skryfvaardighede verder te ontwikkel. Deelnemers leer deur middel van praktiese werksessies hoe om hul idees duidelik te verwoord en hul eie skryfstem te ontdek. Ná die sessie kry leerlinge die geleentheid om ’n opstel te skryf wat vir […]

WOW & WKOD: Growth for Jobs

In samewerking met die WKOD Kom beleef die kunste by WOW! Ontdek die wêreld van ’n loopbaan in drama, dans, musiek en die visuele kunste. Leerlinge ervaar produksies by die Woordfees, beleef uitstallings en dansopvoerings, en neem deel aan paneelgesprekke saam met kunstenaars oor loopbane binne die kreatiewe bedryf. Hierdie geleentheid inspireer leerlinge en gee […]

WOW-dag vir gr. 11’s

Ondersteun deur US Studentesake Gr. 11-leerlinge kry die geleentheid om meer uit te vind oor studiemoontlikhede en die lewe ná skool. Afrikaans-spesialiste van die WKOD deel praktiese wenke oor hoe om vir die Nasionale Senior Sertifikaat-vraestel voor te berei. Leerlinge kry ook ’n beter idee van wat om van die tersiêre akademiese wêreld te verwag. […]

WOW-dag vir opvoeders

Ruil idees uit en word geïnspireer. Sowat 200 opvoeders en finalejaar-onderwysstudente neem deel aan ’n dagprogram vol praktiese wenke oor taalstrukture en -konvensies wat gegrond is op die Kurrikulum-en-assesseringsbeleidsverklaring (Caps). Daar is ook gesprekke oor die welstand van opvoeders en leerlinge, asook inligting oor nuwe publikasies en hulpbronne vir die klaskamer. Die program sluit af […]

WOW-debatfees

Ondersteun deur die ATKV Jong debatvoerders slyp deur die jaar hul vaardighede by verskeie WOW-ligabyeenkomste. Die beste groepe kom by die WOW-fees bymekaar vir die eindronde.

WOW-jeugleiers

Ondersteun deur die fakulteit opvoedkunde se studentekomitee en die LLL-projek Hierdie opleidingsessie bied aan jeugleiers die geleentheid om hul leierskapsvaardighede op ’n praktiese en interaktiewe manier te ontwikkel. Leerlinge gesels oor die moets en moenies van goeie leierskap en die hedendaagse invloed van sosiale media op leiers. Die program sluit in energieke Zumba-danse en kreatiewe […]

WOW-koorfees

Ondersteun deur die US se departement van musiek Vanjaar kan laer- én hoërskole hul kore inskryf om aan WOW se koorfees deel te neem. Deelnemers kry die geleentheid om hul sangvaardighede ten toon te stel, dirigeertegnieke te leer, en deur ander skole se energie en kreatiwiteit geïnspireer te word.

WOW-kuier met skoolhoofde

Ondersteun deur AON Skoolhoofde word uitgenooi om deel te wees van ’n gesellige kuier waar hulle gesels oor belangrike kwessies in die onderwys. Gespreksleiers fasiliteer interaktiewe gesprekke oor uitdagings, drome en moontlikhede, terwyl WOW se ondersteuning aan voornemende en huidige studente ook bespreek word. Skoolhoofde kry die geleentheid om idees uit te ruil en beste […]