WOW-kuier met vakadviseurs

Vakadviseurs word uitgenooi na ’n informele kuier waar saam gedink en gesels word oor die werklikhede binne die klaskamer. Hierdie sessie bied die geleentheid vir gesprekke oor vakspesifieke uitdagings, nuwe tendensie in onderrig, en praktiese idees om leerlinge se leerervaring te verbeter.
WOW-Mardi Gras

Kom kuier saam by die WOW-mardi gras – ’n naweek lange fees van Vrydag tot Sondag vol musiek, vermaak en lekker eetgoed. Bekende plaaslike kunstenaars sorg vir vermaak op die verhoog, terwyl die klanke en gees van die fees regdeur die naweek leef. Geniet die vrolike atmosfeer met mallemeules, kleurryke stalletjies en ’n verskeidenheid smullekker […]
WOW-redenaarsfees

Laerskoolleerlinge neem deur die jaar aan verskeie redenaarsliga-byeenkomste van WOW deel waar hul redenaarsvaardighede ontwikkel word. Die toppresteerders dring deur na die eindronde wat by die WOW-fees plaasvind. Kom beleef hoe jong redenaars die verhoog betree en die gehoor oortuig met kragtige, voorbereide toesprake. Hierdie geleentheid is oop vir die publiek en bied ’n inspirerende […]
WOW-skoolmediakursus

Vertel jou skool se stories en verskuif grense. Hierdie werksessie volg op ’n slypskool vroeër vanjaar waarin die basiese beginsels van die joernalistiek, nuus en redigering behandel is. Nou kry skoolkoerantredaksies die geleentheid om die Woordfees te ervaar en daaroor berigte te skryf vir hul skoolkoerante en nuusbriewe. Dié sessie fokus op kunsjoernalistiek, resensies en […]
WOW-telfees

By die WOW-telfees ontdek leerlinge wiskunde is nie net vol breinknopers nie, maar kan ook groot pret wees. Hierdie spesiale dag is ’n hoogtepunt vir leerlinge wat deur die jaar aan die telfees deelneem. Onder leiding van dr. Erna Lampen en haar wiskunde-onderwysstudente word hulle deur speelse en kreatiewe aktiwiteite gelei wat hulle begrip verdiep […]
WOW-toneel

Ontdek die wêreld van drama op ’n opwindende en praktiese manier. In hierdie interaktiewe slypskool kry leerlinge ’n voorsmakie van studies in drama en teaterstudies deur middel van kreatiewe aktiwiteite en dinamiese oefeninge. Só slyp deelnemers hul selfvertroue en verhoogvaardighede. Leerlinge word ook ingelig oor verskillende moontlikhede, soos graadstudies aan die US en die Proscenium-dramakompetisie.
WOW-wetenskapfees vir opvoeders

Ondersteun deur SUNCOI Kom leer meer oor wetenskaponderrig. In hierdie praktiese slypskool kry opvoeders die geleentheid om nuwe idees vir die klaskamer te ontdek. Dosente van die departement chemie aan die Universiteit Stellenbosch bied ’n slypskool in die laboratorium aan oor hoe huishoudelike produkte gebruik kan word om eenvoudige eksperimente saam met leerlinge uit te […]
Write a River. Paint a Poem

In hierdie werksessie met Diane Harperword verskeie vorme van visuele taal gekombineer om ‘n persoonlike reaksies te gee op ‘n spesifieke element van die Dylan Lewis-beeldetuin. Deelnemers sal hulle eie konsertina-sketsboek saamstel waarin geskrewe uitdrukking in lae saam met ander soorte merktegnieke gebruik word, met natuurlike en meer konvensionele materiale. Die doel is om die […]
Writers on Writers: Election Edition
Aangebied deur Jonathan Ball 4 November 2026 is verkiesingsdag in Suid-Afrika, dus kan ons verwag om gebombardeer te word met konstante veldtogte, verwarrende boodskappe van alle kante en oortuigende propaganda. Hoe maak ’n mens sin daarvan, hoe hou jy jou kop te midde van al die geraas, en hoe neem jy sinvolle en verantwoordelike besluite […]
Writers on Writers: The Memoirists

Aangebied deur Penguin Random House, Tracey McDonald Publishers Dominique Olivier en Lidia Rauch ondersoek die moed wat nodig is om ingrypende persoonlike en historiese ervarings in prosa te omskep. Olivier se Lessons from Loss: Life on the Other Side of Grief navigeer die rou nasleep van ondenkbare tragedie, terwyl Rauch se Apartheid’s Granddaughter die swaar […]
Writers on Writers: The Young Guns

Aangebied deur Kwela Mia Arderne het die literêre wêreld laat regop sit met Mermaid Fillet in 2020, en nou is sy terug met ’n nuwe roman waarvan die titel reeds die “vibes” aankondig: How to Stop Being a Naai. Die digter, romanskrywer en dramaturg Zubayr Charles het vanjaar twee boeke op die rakke: ’n digbundel […]
Zaan & Tasché

Zaan Sonnekusbeskryf sy werk as “alternatiewe rock met ’n sielvolle ruggraat”. Sy treffer, “Dood”, is ’n duet metTasché, wat in 2019 op 18-jarige ouderdom die jongste (en eerste vroulike) wenner van The Voice SAwas. Zaan en Tasché se musiek word gekenmerk deur emosionele eerlikheid, rou intensiteit en ’n moderne klank. Die konsert gaan die sterre […]