RESENSIE

Die kinnes praat diep dinge

deur Chase Rhys
Produksie: The Old Man Who Thought He Had a Dog
Foto’s: Nardus Engelbrecht

The Old Man Who Thought He Had a Dog issie wenner vannie US 2023 Première-teaterfees nadat it oek Beste Draaiboek, Beste Regie en Beste Akteur in ‘n hoofrol gewenit.

Leonard (Merwe van Gent) is ‘n ou German man wat saam met sy hond woon. Sy lewe lyk veveelag, maa Leonard is ‘n haunted man. Hy’t baie goed wat hy lettelik innie kas wegsteek. Herinneringe wat hy hard wêk om te vermy. Sy lewe wôd disturb dee intrusions van ‘n spul karaktes, vannie enigmatiese Franse treinkondukteur, tot ‘n Russian prossie,(ammel deu Angelique Filter gespeel). Ôs gan met Leonard op n absurde treinreis vannie siel.

Filter se skryfwêk is sophisticated. Soes ie show angan en ek besef waoo it eintlik gaan: ‘n one-way ticket na die dood se deur, dink ek my word, het die rerag yt ‘n student se pen gekô? Briljant!

Die eksperimentele gebryk van blocking is baie slim. Veral hoe die akteurs die tradisionele teatersitkamerstel op ongewone maniere manipuleer om “the trip” te beklemtoon. Well done to Filter, wie die stuk oek geregisseerit.

Gent het ‘n stêk presence en sy stem is resonerend en helder al glip sy Duitse aksent in en uit. Sy fisieke uitbeelding is oek nie konsekwent nie, ‘n bewerige hand skink ‘n drankie vi komiese effek, maa skud nooit wee daana nie. Ek wiettie of it opening night feessenuwees wassie, maa hy’t mees vannie tyd van na die vloer gekyk. As hy net sy blik lig, sal ôs allie wêk wat hy met sy oë doen, kan sien.

Filter het ‘n goeie fisieke vocabulary in haa veskillende rolle. Die stuk se malheid rely heavy op haa. Al haa karakters praat dikwels met foreign aksente en haa stem is maa sag. Van haa lyne (en punchlines) wôd ingesluk Lückhof se groot saal. Mikrofone sal help.

Die show sukkel mettie balans tussen komedie en drama. Die komedie is “comedy-komedie”, jy wiet, it het allie classic tropes en bits. In dele issit slapstick, ‘n Broek glip af en ôs lag virrie long johns. Die comedy hettie vars gevoel ie; die gag toe Leonard ennie treinghaatjie skel oo hoe ommie wôd hond reg yt te spreek, “dog” vs “doug” is ‘n bit mens al baie kee gesienit. Ek dink assie akteurs mee na die drama oorleun, mee vannie tragedie vannie storie speel, sal it die komedie elevate.

Toe die gehoo die saal velaat, wassie mense meestal in ‘n hoë gees en upbeat; ôs hettie gelyk soes mense wat nou net die laaste oomblikke van ‘n man se lewe gekyk het nie. Of miskien is it ‘n moerse achievement dat hierdie toneelstuk ôs ​​kry om ôsse grootste vrees die hoof te bied, met ‘n glimlag.

Facebook
Twitter
LinkedIn