Easy-feespakkette

Easy-feespakkette: jou fees, klaar beplan

Die 2026 Toyota Stellenbosch Woordfees wink en met ons tema, “Dis hoog tyd”, daag ons jou uit om bietjie tyd te maak vir kuns, kultuur en plesier in die wynlande. Daar is vanjaar meer as 400 vermaaklike programitems om van te kies en ons weet tyd is ’n skaarse kommoditeit. Indien tyd jou grootste uitdaging is, is die Easy-feespakkette pasgemaak om die keuse van wat om te sien en ervaar, te vergemaklik. Hierdie pakkette is saamgestel om die beste fees-ervaring in een dag te bied. Daar is slegs ’n beperkte aantal pakkette vir elke fees-dag beskikbaar en kan vanaf 15 tot en met 30 September aangekoop word. EasyEquities-lede kry 20% afslag 

Wat sluit ’n Easy-feespakket in?

  • 3 kaartjies vir fees-vertonings
  • 1 Toyota Pendeldiens-dagkaartjie
  • 1 dagkaartjie vir parkering in Kochstraat

 

Hoe werk dit?

Stap 1: Kies jou voorkeur-vertonings per tydgleuf:

  • OGGEND – kies een van die twee voorgestelde vertonings
  • MIDDAG – kies een van die twee voorgestelde vertonings
  • AAND – kies een van die twee voorgestelde vertonings


Stap 2: Betaal vir jou pakket(te) en ontvang jou kaartjies
per e-pos binne 24 uur.
(
EasyEquities-lede: Om jou 20%-afslag te kry, vul jou EasyEquities-ID-nommer by die betaalpunt in.)

Stap 3: Fees voluit!

Bepalings en voorwaardes geld.

EASY-FEESPAKKETTE

Kies jou pakket

In samewerking met:

EasyEquities-lede kry 20% afslag 
Om jou 20%-afslag te kry, vul jou EasyEquities-ID-nommer by die betaalpunt in.
Klik hier en registreer nou vir jou EasyEquities-beleggingsrekening.

Bepalings en voorwaardes geld. EasyEquities is ’n amptelike FSP (FSP22588), ’n geregistreerde kredietverskaffer (NCRCP12294) en ’n gelisensieerde ODP (ODP44).

 

Bepalings en voorwaardes

  • Easy-feespakkette is slegs te koop vanaf 15 tot 30 September 2026, of totdat die beskikbare pakkette uitverkoop is.
  • ’n Beperkte aantal pakkette is per fees-dag beskikbaar en alle pakkette is onderhewig aan beskikbaarheid.
  • Elke pakket sluit 3 vertonings in: een oggend-, een middag- en een aandvertoning, soos gekies uit die beskikbare opsies.
  • Elke pakket sluit ook 1 Toyota Pendeldiens-dagkaartjie en 1 dagkaartjie vir parkering in Kochstraat in.
  • Elke pakket is slegs geldig vir die spesifieke datum en vertonings wat tydens aankoop gekies word.
  • Kaartjies en pakketvoordele is nie oordraagbaar nie en kan nie herverkoop word nie.
  • Geen terugbetalings, omruilings of krediet word toegestaan nadat ’n Easy-feespakket aangekoop is nie. Dit geld ook in die geval waar ’n feesganger nie ’n geselekteerde vertoning of die fees kan bywoon nie.
  • Veranderinge aan geselekteerde vertonings, datums of tydgleuwe kan slegs deur die Toyota Stellenbosch Woordfees goedgekeur word en is onderhewig aan beskikbaarheid. Hierdie veranderinge kan nie gewaarborg word nie.
  • Indien ’n spesifieke vertoning deur die Toyota Stellenbosch Woordfees gekanselleer of aangepas word, sal feesgangers direkte kommunikasie oor alternatiewe opsies ontvang. 
  • Die Toyota Stellenbosch Woordfees behou die reg voor om die inhoud, beskikbaarheid of samestelling van Easy-feespakkette te verander indien nodig.
  • Kaartjies word binne 24 uur ná aankoop per e-pos gestuur. Kopers is verantwoordelik om die korrekte e-posadres by aankoop te verskaf.
  • Kopers is verantwoordelik vir die veilige bewaring van kaartjies en moet die toepaslike kaartjies by vertoning-venues, pendeldienshaltes of die parkeerterrein kan toon.
  • Easy-feespakkette kan nie omgesit word in kontant of enige ander vorm van vergoeding nie. 
  • Deur die aankoop van ’n Easy-feespakket(te), aanvaar kopers hierdie bepalings en voorwaardes.