EasyEquities Skrywerspartytjie
Fotograaf: AB Jantjies
Die Toyota Stellenbosch Woordfees het in 2000 ontstaan met ’n Nag van passie – ’n deurnagviering van die Afrikaanse literatuur. Die skrywersprogram het deur die jare die hoeksteen, fondament en kroonjuweel van die Toyota Stellenbosch Woordfees gebly. Hierdie partytjie was ’n kopknik aan die skrywersgemeenskap vir hul bydrae oor soveel jare en het die fokus geplaas op die supersterre van ons fees: meestal sku vir die voorgrond of ’n kamera, dikwels ingetoë en effens skaam, maar as hulle eers vlam vat… ’n Ontspanne kuier saam met skrywers in Die Boekklub – ’n pragtige venue in Johannesdal net buite Stellenbosch.





















