Kaap-Maleis soos die Aunties dit maak

BOEKGESPREK Om ’n tafel waar kos die wêreld weer klein maak deur Jo-Ann FlorisEasyEquities Skrywersfees: Kaap-Maleis soos die Aunties dit maakFoto’s: Golda Simmers Plek en afstand maak die wêreld klein wanneer die geure van jou kos deur die huis trek; dit pas alles weer netjies in jou ma of ouma se kombuis. Vir Cariema Isaacs […]

KI as skrywer

BOEKGESPREK Ek het jou gemaak. Of geskryf. Of nie? deur Nadine PetrickEasyEquities Skrywersfees: KI as skrywer Dis op almal se lippe, nè? Kunsmatige intelligensie. ChatGPT. Taalbots. Almal is tog so vreeslik blêrrie bang vir die matrix. Maar is dit werklik so ’n groot probleem? In gesprek is Tom Dreyer, Imke van Heerden en Menno van […]

Koos Prinsloo oor begeerte en slagting

BOEKGESPREK Gay pionier steeds ‘helder ligsuil’ 28 jaar ná sy dood Jan-Jan JoubertKoos Prinsloo oor begeerte en slagtingOude Leeskamer Koos Prinsloo is op baie vlakke die baanbreker van robuuste gay-letterkunde in Afrikaans en bly vir baie mense die voorste eksponent daarvan. Byna dertig jaar ná sy vroeë afsterwe in ’n tyd toe MIV-vigs ’n doodsvonnis […]

Louise Viljoen en S.J. Naudé

RESENSIE Oor vaders en landskappe deur Joan HambidgeSkrywersgesprek: Louise Viljoen en S.J. NaudéFoto’s: Verskaf Onderhoude met skrywers is dikwels onbehaaglik. Of die vraesteller praat te veel of die skrywer is verdedigend, want ander skrywers sit en luister. In die gesprek tussen Louise Viljoen en S.J. Naudé was daar ’n besondere balans. Viljoen was voorbereid en Naudé […]

Om trauma weg te skryf

BOEKGESPREK Om trauma weg te skryf deur Nadine PetrickEasyEquities Skrywersfees: Anchien Troskie en Helene de KockFoto’s: Verskaf Die Woordfees se boekgesprekke is ’n jaarlikse hoogtepunt vir al die bibliofiele wat op die dorp toesak en hierdie jaar is daar ’n splinternuwe venue, die lieflike Victoria Hub. Susan Booyens, met haar natuurlike flair vir onderhoudvoer, het […]

Onder ’n bloedrooi hemel

BOEKGESPREK Wanneer geweld en liefde lepellê deur Nadine PetrickEasyEquities Skrywersfees: Onder ’n bloedrooi hemelFoto’s: Pierre Rommelaere “Dit was die swaarste paar maande van my lewe.” Dis waarskynlik nie ’n oordrywing nie. Annemarie van Niekerk, die skrywer van die opspraakwekkende Onder ’n bloedrooi hemel, maak haar eerste openbare verskyning nadat sy twee maande en twee weke […]

Op ’n queer journey

BOEKGESPREK Maak pas jou vel, sodat jy tuis voel daarin Jo-Ann Floris Op ’n queer journey Boeketent Foto’s: Emma Wiehman-Ink ’n Mens kan swaar dra aan name. Partykeer ’n familienaam met ’n gelaaide geskiedenis, soms een wat ’n meulsteen om die nek is. Soms kry jy ook die kans om ’n nuwe naam te kies, […]