Glaskas: 20 jaar

Met Deon Meiring, Johan Viljoen, Lolke-Louis Claassen, Francois Kleynhans Glaskas is vanjaar 20 en die groep vier hierdie mylpaal met al die gunstelinge sedert 2006 – van die liedjies waarmee dit alles begin het tot vanjaar se nuwe uitreikings. Dis pop-punk én dis bekfluitjie, en die lirieke tong-in-die-kies én diepsinnig.

Glimpse

Met Alyssa Jacobs, Kalene Sybil Botha, Mila Sobolewski, Nolwandle Makombe, Anlia Marais Januarie 2026. Brandstigting het vermoedelik verskeie brande in Stanford in die Overberg laat uitbreek. Die vlamme het meer as 4 000 hektaar grond vernietig, waarvan die grootste gedeelte fynbos is. Glimpse bied ‘n blik op die verhouding tussen die menslike wêreld en die […]

Grensloos

Aangebied deur Tafelberg Die wag is uiteindelik verby: Daar is ’n nuwe boek deurWilna Adriaanse op die rak! Grensloos is ’n verhaal vol spanning en intrige, maar die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Adriaanse so geliefd is, bly nie agterweë nie. In die Adriaanse-familie loop skryf in die bloed. Twee van haar drie seuns is op verskillende […]

Grootmeisie

DEBUUT Met Daneel van der Walt, Jefferson J. Dirks-Korkee, Wian Taljaard, René Cloete ’n Horingdroë menopouse dwing Daneel Merwe (Danny) om terug te stap na kindwees met ’n ma wat verslaaf is aan suiker en ’n bankbestuurder-pa wat soms in die tuinhuisie wegkruip. Reeds as kleuter voel sy aan iets in hul huis is nie […]

Gryp elke grasHolm

Met Marion Holm Gryp elke grasHolmgaan oor die silwer randjie van elke donker wolk. Elke stukkie sleg het ’n stukkie snaaks. Holm wil vir die gehoor gee wat almal nodig het: hoop, humor en harmonie. Die wêreld is tans deurmekaar; ons moet maar self die komedie maak en die lag skep. Gryp elke grasHolmkan jou […]

Haar pad huis toe

Met Lynette du Plessis, Miché van Wyk Hierdie werk beeld vroue se reise van tuiskoms uit – ’n terugkeer na grond en water, ‘n reis van herinneringe. Die kunstenaars “stap” saam met hul voormoeders – óns voormoeders – en só verander beweging in ‘n daad van herinnering. Die optrede huldig die arbeid en veerkragtigheid wat […]

Hannons roadshow

Suid-Afrika se eie Glam Guru, Hannon Bothma, kom wys vir vroue hoe maklik dit is om elke dag fantasties te lyk. Hy glo elke vrou is mooi en moet net gewys word hoe om dit uit te bring. Hannons se roadshow is ’n mooimaak-demonstrasie met sy produkreeks. Hy kies ’n vrou uit die gehoor en […]

Hannons: Vars gespyker

’n Uur van Hannon Bothma se stories, staaltjies en mooimaakwenke. Kom beleef hom waar hy ons in sy tipiese lekkerlag-styl ’n kykie gee na die ander kant van sy wêreld. Verwag stories oor fiasko’s in salonne en op televisie en wenke oor hoe om sy “vars gespykerde” voorkoms te bemeester.

Hartsbriewe

Met Hannes van Wyk (storieverteller), Coenraad Rall(klavier) Maak jou gereed vir ’n besoek aan die verlede met Hartsbriewe,’n vertoning deurdrenk met nostalgie, warmte en die sagte fluisteringe van liefde in al sy gedaantes. Laat die klanke van Coenraad Rall se klavier jou dra na vervloë oomblikke, terwyl Hannes van Wyk, geliefde TV-aanbieder en akteur, ’n […]

Hen

2025 Met Dawian van der Westhuizen, Amalia Uys, Stian Bam Ná ’n grusame bloedbad ontdek Dawid ’n verwilderde seun wat in ’n kis op ’n afgeleë plaas versteek is. Gedryf deur hul pligsbesef neem Dawid en sy vrou, Hanna, die seun in. Maar Lukas is nie ’n gewone kind nie. Hoewel hy onskuldig voorkom, dra […]

Historiese almanak

Aangebied deur Turksvy Publikasies Historiese almanak is ’n keur uit Albé Grobbelaar se gewilde radiopraatjies en koerantrubrieke oor gebeure van die verlede. Dit is reeds vroeg in 1982 die eerste keer op die senders van die ou Afrikaanse Radiodiens (die voorloper van RSG) uitgesaai, in ’n era toe internetnavorsing nog nie moontlik was nie. Reg […]

HOFMEYRS IN KONSERT: Van liefde en die nag

Met Hendrik Hofmeyr(klavier), Zanta Hofmeyr(viool), Malané Hofmeyr-Burger(fluit), Laurinda Hofmeyr(sang, klavier), Schalk Joubert(baskitaar) Die musiek in hierdie uitvoering is geïnspireer deur die vele gedaantes van die liefde en die nag. Daar’s alles – van vreugde tot die tragiese, van koestering tot erotika, van mymeringe tot die magiese. Die konsert word aangebied deur vier befaamde Hofmeyr-musici wat […]